Dit veral moet julle weet: geen profesie in die Skrif kan op grond van eie insig reg uitgele word nie.

2 Pet. 1:20.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


Question:

Ek hoor aanhoudend dat seks buite die huwelik sonde is, maar is dit nie net een interpretasie van die Woord nie?

 
Answer:

Die Woord is baie duidelik daaromtrent dat seks buite die huwelik sonde is en daarom nie vir God aanvaarbaar is nie. “Ons liggame is nie bedoel vir seksuele losbandigheid nie. Hulle is daar vir die Here, net soos die Here sorg dra vir ons liggame.” 1 Kor 6:13. Ons word in v. 18 beveel: “Vlug dus weg van seksuele losbandigheid. In 1 Kor 7:2 word ons die volgende geleer: “Maar omdat daar soveel onsedelikheid is, behoort elke man sy eie vrou te hê en elke vrou haar eie man.” Dít is die Wil van God. Die Woord bied ons ‘n keuse - om selibaat te leef, of in die huwelik te tree. Diegene wat nie selibaat wil bly nie, of wat nie beheer oor hulle emosies het nie, word beveel om te trou – daar mag nie net saamgeleef word nie.

“Maar as hulle nie selfbeheersing kan toepas nie, is dit beter om te trou as om deur seksuele begeerte verteer te word.” 1 Kor 7:9. Wanneer die Skrif oor die huwelik praat, is dit met spesifieke verwysing na ‘n wettige vereniging wat onderhewig is aan die wette van God en die samelewing. Romeine 13 is baie duidelik daaroor dat ons die wette van die land moet gehoorsaam en ‘n ‘stuk papier’, soos wat daar dikwels na die huweliksertifikaat verwys word, maak ‘n baie groot verskil. Die Here respekteer ‘n wettige kontrak – ons moet dus ook. Die Woord is baie duidelik – trou of bly selibaat. Indien julle kan bekostig om saam te bly, kan julle bekostig om te trou! Eerder ‘n eenvoudiger seremonie en bespaar sodoende koste, as om saam te leef en sodoende die Woord van die Here verag.

Terug

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid | Grafiese Ontwerp en Webontwerp deur Kimia

English? Click here for our sister publication