Wie maak jou so belangrik? En wat besit jy wat jy nie ontvang het nie? As jy dit dan ontvang het, waarom stel jy jou so aan asof jy dit nie ontvang het nie?
Ek en my man is in ‘n kerk wat leer dat ons gereeld ons tiende moet gee en ek kan waarlik getuig dat daar krag opgesluit lê in die gee van tiendes. In die laaste tyd is daar egter baie mense in ons kerk wat sê dat dit ‘Ou Testamenties’ is. Kan jy asseblief vir my sê of dit waar is?
Answer:
Laat Jesus die laaste woord spreek oor tiendes: “Ellende wag vir julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, huigelaars! Julle gee tiendes van kruisement, anys en koljander, maar wat volgens die wet van God die swaarste weeg, laat julle na: geregtigheid, barmhartigheid en betroubaarheid. Juis hierdie dinge moet ‘n mens doen en nie nalaat nie.” - Mat. 23:23
Die Nuwe Testament beklemtoon die gee volgens inkomste (1 Kor. 16:2). Dit is God se manier om Sy werk te finansier en Sy beginsels van saai en maai het die toets van tyd deurstaan. As die wet ‘n tiende vereis het; dan behoort Christene eintlik meer te gee op grond van Genade!