Maar die Woord van die Here, dit bly vir ewig. En hierdie Woord is die Evangelie wat aan julle verkondig is.

1 Pet. 1:25.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


Question:

My beste vriend is so pas oorlede. ek is hartseer, maar ek weet hy is op ‘n beter plek omdat hy ‘n ware kind van God was. Hoekom is mense so bang vir die dood?

 
Answer:

Die Woord van God sê vir ons dat Jesus Christus gekom het om ons  te red - “Net op hierdie manier kon Hy ons almal vrymaak wat ons lewe lank uit vrees vir die dood in slawerny vasgevang gesit het.” Heb 2:15.  Vir die Christen is die fisiese dood slegs ‘n deurgang na die ewige lewe en Sy Teenwoordigheid.

Dit is ‘n wonderlike toekoms wat op ons wag en dit is waarom die Woord sê: “Die dood is totaal uitgewis, want dit is heeltemal oorwin.” 1 Kor 15:55. Dit hou nou vir die gelowige geen angel meer in nie. Afwesig in die liggaam, is om by God te wees – 2 Kor  5:6 (dit is wat Jesus ook vir die misdadiger aan die kruis gesê het net nadat hy sy sonde bely het.) Luk 23: 43 – “Vandag sal jy saam met My in die Paradys wees.”

Vir die nie-gelowige is die dood iets allervreesliks met geen toekoms en geen ontvlugting nie. Dit is wat mense so benoud maak – hulle ken Jesus nie en weet nie wat ‘n toekoms saam met Hom inhou nie. Vir die gelowige is dit ‘n wonderlike ervaring en die vervulling van al hul begeertes om die Here van aangesig tot aangesig te sien.

Terug

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid | Grafiese Ontwerp en Webontwerp deur Kimia

English? Click here for our sister publication