Jy moet die Here jou God liefhe met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag en met jou hele verstand, en jou naaste soos jouself.

Eksodus 20:1

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


Question:

Saamleef is deesdae aanvaarbaar omdat tye verander het. Ons het nogal ‘n hele paar paartjies in ons kerk wat saamwoon. Hoekom glo so baie Christene nog aan die outydse idees?

 
Answer:

Wat ons dink, voel en beleef is nie van belang nie. Wat regtig belangrik is, is wat God dink. Die instruksies wat ons in Sy Woord vind, is ons gids – dit maak nie saak wat die wêreld dink nie. Twee sake is van die uiterste belang as dit kom by voorhuwelikse seks.

Eerstens, die Woord is baie duidelik dat seks buite die huwelik ook buite Sy Wil is. Die Here noem dit ‘sonde’ en kondoneer nooit, onder geen omstandighede, hierdie soort gedrag nie. “Ons liggame is nie bedoel vir seksuele losbandigheid nie. Hulle is daar vir die Here, net soos wat die Here sorg dra vir ons liggame. God sal ons deur sy wonderlike krag uit die dood opwek, net soos Hy ons Here opgewek het. Besef julle nie dat ons liggame deel is van Christus nie? Sal ‘n mens dan jou liggaam wat aan Christus behoort, met ‘n prostituut verenig? Dit kan tog mos nie! Of dink julle nie daaraan dat iemand wat homself aan ‘n prostituut verbind, liggaamlik met haar een word nie?

Die Skrif sê tog: ‘Die twee sal in een liggaam verenig word.’ Daarteenoor word dié wat hulle aan die Here verbind, geestelik met Hom een. Vlug dus weg van seksuele losbandigheid. Geen ander sonde beïnvloed ‘n mens se liggaam so direk soos hierdie een nie. Want as jy seksuele losbandigheid be-dryf, sondig jy teen jou eie liggaam. Verstaan julle nie dat julle liggame ‘n tempel van die Heilige Gees is wat in julle woon en deur God aan julle gegee is nie? Julle behoort nie aan julleself nie, want julle is teen ‘n duur prys gekoop. Daarom moet julle God met julle liggame verheerlik.” 1 Kor 6: 13-20 (NLV). Tweedens, daar is ‘n ‘Dag van Afrekening’ vir elke individu wanneer elke man, vrou en kind opgeroep  sal word om rekenskap te gee “volgens wat ons aan ons aardse liggaam gedoen het, of dit goed of waardeloos was.” 2 Kor 5:10 en ook Openb 20:12.

Die Here weet hoe ernstig daardie dag gaan wees en Hy is so ernstig oor Heilig leef, dat Hy gelowiges waarsku: “Bly weg van elke vorm van kwaad.”  1 Tess 5:22. Ons word geroep om selfs die verskyning van die bose te vermy. Ons kan nie leef soos ons wil nie, maar watter vreugde en gemeenskap met Hom as ons leef tot Sy eer!

Terug

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid | Grafiese Ontwerp en Webontwerp deur Kimia

English? Click here for our sister publication