Maar hierdie wondertekens is beskrywe sodat julle kan glo dat Jesus die Christus is, die Seun van God, en sodat julle deur te glo, in Sy Naam die lewe kan he.

Joh. 20:31.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


Question:

Wanneer mense wreedaardig sterf, was dit hulle tyd of het hulle voortyds gesterf? Is dit hoe God hulle bedoel het om te sterf?

 
Answer:

Ons het hier met die misterie van God te doen wat slegs aan God bekend is. Dit is nie binne die bereik van die mens se rede om hierdie soort oordeel te maak nie. Die Bybel sê dat elke dag van ons lewens in Sy Boek aangeteken is (Ps 139:6) en Hy “maak die einde bekend vanaf die begin.” Jes 46:10.

Nie eers die kleinste voëltjie gaan dood sonder dat Hy dit toelaat nie (Matt 10:29). Dit sê ook dat sommiges sterf voordat hul bestemde tyd daar was (1 Kor 11:29,30). Dit sê nêrens dat hulle gewelddadig sterf nie. Die manier waarop ons sterf, is dus geensins ‘n weerspieëling van ons lewe saam met God nie. Jesus het Self ‘n baie wrede dood aan die kruis gesterf – so-ook die meeste van Sy dissipels. Lees ook Hebreërs 11 vir verdere voorbeelde. Wat ons wel kan sê, is dat God Almagtig is. Hy het vir ons net die beste in gedagte selfs wanneer ons nie verstaan waarom dinge gebeur soos wat dit gebeur nie. Die Regter van die hele aarde doen altyd die regte ding (Gen 18:25) en ons vertrou hom totaal met ons lewens.

Terug

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid | Grafiese Ontwerp en Webontwerp deur Kimia

English? Click here for our sister publication