Laat hulle aan U toegewy wees deur die waarheid. U Woord is die waarheid.

Joh. 17:17.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


Question:

Is dit vir Christene verkeerd om kersfees te vier?

 
Answer:

Vir geslagte lank probeer die wêreld nou al om die viering van Kersfees te kanselleer. Veral klein kindertjies hoor nie meer die pragtige ou Kersliedere met die duidelike Evangelieboodskap nie. Baie gaan nie eers meer sondagskool toe nie en ons kan baie duidelik sien hoe die jonger geslag toe­nemend ‘verwêrelds’.

Die ware betekenis van Kersfees is tog baie ver van wêrelds af! Dit is die viering van die wonderwerk van ons Messias se koms na hierdie aarde om verlorenes te red deur persoonlik die prys vir ons sonde te betaal. Is dit nie genoegsame rede om te vier en die Evangelie uit te dra nie! Terwyl Christene definitief geen deel aan die wêreldse konsep van Kersfeesvier kán hê of in die sinnelose materialisme vasgevang mág word nie, behoort ons egter nooit uit die oog te verloor dat dit dié gulde geleentheid is om die Waarheid van die Evangelie met ‘n verloregaande mensdom te deel nie.

Die Woord beveel ons om elke geleentheid te gebruik om die Evangelie te versprei (1 Kor 9:21). Ons moet die Woord verkondig “of die tyd daarvoor geleë is of nie.” 2 Tim 4:2. Dit is juis die goue geleentheid om die Goeie Nuus deur, bv. Kerskaarte, te versprei en om mense aan die Grootste Geskenk van alle tye te herinner. Laat ons liewer hierdie geleentheid ten volle aangryp en Christus die middelpunt van Kersfees maak terwyl ons nog die geleentheid daartoe het in hierdie mooi land van ons.

Terug

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid | Grafiese Ontwerp en Webontwerp deur Kimia

English? Click here for our sister publication