Maar die Woord van die Here, dit bly vir ewig. En hierdie Woord is die Evangelie wat aan julle verkondig is.

1 Pet. 1:25.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


Question:

Ek is ‘n christen en drie maande swanger. Ek het betrokke geraak by ‘n man wat ek gedink het weergebore is, maar ek moes uitvind dat ek nie die enigste meisie is wat hy uitneem nie. Hoe kan ek hom vergewe? Is dit nou God se straf? het ek nou my saligmaking verloor?

 
Answer:

Laat ek begin deur vir jou te sê dat jy nie die onvergeefbare sonde gepleeg het nie. Dit is nié ‘n straf van God nie, maar die onvermydelike gevolg van ongehoorsaamheid aan Sy Woord – en dít is sonde. Daar is altyd gevolge vir ons dade. Die goeie nuus is egter dat Christus vir ons sonde – van die verlede, hede en toekoms – gesterf het en daar is vergifnis by Hom.

Begin daar. Bely jou sonde, ontvang Sy vergifnis, staan op en beweeg in Sy Genade (1 Joh 1:9). Ek beveel egter ten sterkste aan dat jy alle bande met hierdie man breek. Begin met ‘n nuwe lewe saam met Hom, vertrou Hom vir leiding en om jou by die verhouding uit te bring wat Hy vir jou be­plan het. Gee Hom tyd en ruimte.

Sy liefde is baie groter as enige menslike liefde en Hy sal jou Genade en vrede gee. Om hierdie verhouding aan die gang te hou, sal net hartseer bring en Sy Wil vir jou lewe vertraag. Sien hierdie baba as iemand wat God lewe gegee het. Lees Romeine 8:28 en spreek dit elke dag oor jou babatjie uit – sien dit as ‘n geskenk en opdrag van die Here. Aan jou is die verantwoordelikheid toevertrou om hierdie babatjie as Goddelike instrument groot te maak sodat Sy Gees in die laaste dae ook deur kinders kan werk. Hand 2:17, 18.

Jy het werklik nie tyd om emosioneel verwoes te word nie. Vergeef die man, laat hom aan die Here oor om met hom te werk. Beweeg dan aan na jou volgende opdrag in Jesus se Naam.

Terug

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid | Grafiese Ontwerp en Webontwerp deur Kimia

English? Click here for our sister publication