Wat is jou mening oor christene wat die ‘moderne’ weergawes van die woord lees, bv. nlv, bybels vir sekere groepe, aangepaste bybels, ens?
Answer:
Ek het die meeste resensies oor die ‘moderne weergawes’ gelees. Indien ons op mense en hul filosofieë staatmaak, sal ons glad nie die Bybel lees nie. Vertrou egter eerder die gesoute vertalers as ongekwalifiseerde menings.
Die weergawes wat jy genoem het, is vertaal uit vroeëre weergawes wat nie beskikbaar was toe die heel eerste uitgawe vertaal is nie. My raad is egter dat jy die Woord lees – gebruik die uitgawe wat jy voel vir jou werk.
Indien daar iets is waaroor jy onseker is, maak gebruik van goeie Bybelkommentare of Bybelwoordeboeke wat jou na die heel oorspronklike betekenis terugneem. Om moderne jongmense te beperk tot die ouer weergawes van Afrikaans, sal mense daarvan weerhou om die Bybel te lees – by baie mense reeds die geval.