Dit veral moet julle weet: geen profesie in die Skrif kan op grond van eie insig reg uitgele word nie.

2 Pet. 1:20.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


Question:

Ek is betrokke by ‘n christenbedie­ning, maar ek is geestelik, emosioneel en liggaamlik baie moeg. Is daar vir my hoop, want alles voel op die oomblik betekenisloos?

 
Answer:

Ons weet Christenskap is nie ‘n ‘gods­diens’ nie, maar ‘n verhouding. Soms neem ons ons oë van die Meester af en word dan oorweldig deur omstandighede. Ek wil jou aanmoedig om iets baie eenvoudig, maar kragtig vir die volgende 3 maande te doen.

Vergeet alles wat jy geleer het. Neem net jou Bybel – geen ander boeke of kommentare nie – en gebruik so 15 minute elke dag (dieselfde tyd en plek) om jou afspraak met God na te kom. Moet dit onder geen omstandighede misloop nie. Sit stil en lees die Bybel stadig – begin by die Nuwe Testament. Lees net ‘n kort stukkie en lees sistematies elke dag.

Vra jouself af: Wat leer dit my omtrent God? Jesus? Die Heilige Gees? Myself? Is daar ‘n opdrag wat ek moet gehoorsaam, ‘n belofte om aan vas te hou of ‘n waarskuwing om op ag te slaan? Bid oor enigiets wat die Heilige Gees jou oor die Skrif op die hart lê. Bid die Woord en pas dit daagliks in jou lewe toe. Dit is vir jou ‘n ‘genesingstyd’ en ‘n ‘Sabbatsrus’.

Wat die Gees ookal op jou gemoed lê, moet in skuldbelydenis voor die Troon gebring word en dan moet jy dit agterlaat. Die Bloed van Jesus Christus moet jou voortdurend van jou verlede reinig en vrymaak. Koop ‘n notaboek en skryf die volgende neer: ‘Dit het ek vandag by die Vader gehoor.’ Skryf die datum daarby en jy sal later telkens na die wonderbaarlike insigte te­rugkom soos wat Hy die geheime van Sy Koninkryk aan jou openbaar.

Gebruik dié ‘af-tyd’ en laat die Heilige Gees vrylik in jou lewe werk. Hou jou program eenvoudig – jy sal dalk vind dat jou tyd met die Here langer word soos wat jy in Sy rus inbeweeg. Jy mag ook vind dat jy tot twee, drie keer per dag wegglip om tyd met Sy Woord te spandeer. Laat jou gees dit indrink en jy sal binne enkele maande, verfris en vernuwe, jou dagtake kan aanpak.

Terug

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid | Grafiese Ontwerp en Webontwerp deur Kimia

English? Click here for our sister publication