Maar hierdie wondertekens is beskrywe sodat julle kan glo dat Jesus die Christus is, die Seun van God, en sodat julle deur te glo, in Sy Naam die lewe kan he.

Joh. 20:31.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


Question:

Ek het ophou rook en drink en my lewe opnuut aan God toegewy. Die enigste ding is dat my vrou my nie vertrou nie. Ek het met ‘liefde waag…’ begin en is by dag 51. Dit was sover ‘n moeilike pad, maar ek weier om op te gee. My geloofsmaat moedig my aan om uit te trek – Hy sê dit sal my vrou tot haar sinne bring. Wat moet ek doen?

 
Answer:

Moet onder geen omstandighede uit die huis trek nie. Die Bybel moedig enige gelowige aan om by sy/haar lewensmaat te bly. 1 Kor 7:12 sê: “As ‘n Christenman ‘n ongelowige vrou het en sy vind dit goed om by hom te bly, moet hy nie van haar skei nie". Lees ook 1 Kor 13-16.

Kry ook die DVD ‘Fireproof’ met aandag. Dit mag ‘n groot hulp wees. Dit neem soms lank om vertroue te herstel. Ons verhou­dings word oor jare heen opgemors – ons kan nie verwag dat dit nou oornag moet regkom nie. Werk daaraan om gaaf en liefdevol teenoor jou vrou te wees en jy sal haar hart terugwen. Die Bybel verseker ons: “Die liefde sal nooit vergaan nie.” 1 Kor 13:8.Vertrou die Heilige Gees om in jul albei se lewens te werk om ‘n vredesoes tot gevolg te hê wat aan God alleen die eer sal gee.

Terug

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid | Grafiese Ontwerp en Webontwerp deur Kimia

English? Click here for our sister publication