Vra My, en Ek sal jou antwoord gee. Ek sal jou van ongelooflike dinge vertel. Dit is nog vir jou n geheim, en jy weet niks daarvan nie.

Jer 33:3.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


Question:

Dis vir my baie moeilik om mense te vertrou, veral christene, juis omdat ek weet hoe hulle buite die kerk optree. Dit is vir my ‘n struikelblok in my wandel met die Here.

 
Answer:

Christene het dit oral moeilik. Die enigste perfekte persoon is Jesus. Hou jou oog op Hom gevestig en jou hart ontvanklik vir die bediening van die Heilige Gees. Die Bybel roep ons op om na perfektheid (volwassenheid) te streef, maar almal is nie op dieselfde vlak nie.

Ons het baie geduld met onsself – ons behoort dit ook met ander te hê en hulle toe te laat om in die Genade te groei. Die Here moedig ons aan om drie dinge te
doen wanneer ander ons in die steek laat:

  1. Doen alles moontlik om jou kwessies persoonlik uit te sorteer. (Matt 15-17)
  2. Bid vir dié wat jou probleme gee. (Luk 6:28)
  3. Laat alles aan God oor. (Rom 12:19-21)

Leef in ‘n gees van vergewensgesindheid. Ons kan vergeef omdat ons baie meer vergeef is. Hou aan, maak nie saak wat ander mense sê nie. Ons stap met ons hand in syne omdat Hy dit waardig is.

Terug

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid | Grafiese Ontwerp en Webontwerp deur Kimia

English? Click here for our sister publication