Ons kerk laat vrouens toe om langbroeke te dra, maar ander denominasies laat dit nie toe nie. Dit is vir my nogal verwarrend. Wat sê die Bybel hieroor?
Answer:
Deuteronomium 22:5 is baie duidelik hieroor – “’n Vrou mag nie mansklere dra nie en ‘n man mag nie vroueklere dra nie. Die Here verafsku mense wat sulke dinge doen.”
Die vraag wat ons moet vra, is: ‘Wat behels mans- en vroueklere?’ Onthou tog dat sowel mans as vrouens in die Bybelse tyd ‘mantels’ of ‘klede’ gedra het – langbroeke per sé is dus nie die probleem nie. Daar is sommige vrouelangbroeke waarin mans beslis nie gesien sal wil word nie, en dan ook vice versa. Die beginsel waaroor dit hier gaan, is die manier van aantrek.
Elke generasie weet instinktief wat pas by mans en wat pas by vrouens in hul spesifieke kultuur. Die Bybelse standaard is om “ordentlike en paslike klere te dra en nie die aandag op hulleself te vestig deur die manier waarop hulle hulle hare tooi of goud of pêrels of duur klere dra nie”. 1 Tim 2:9