Vertrou jou lewe aan die Here toe. Vertrou Hom en Hy sal vir jou sorg.

Ps 37: 5.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


Question:

Hoe word ons geregverdig deur bloot net te glo?

 
Answer:

Die Bybel is baie duidelik daaroor dat ons almal sondaars is – Rom 3:23 en 6:23. Die Wet is aan ons gegee om ons te leer, maar ons kon dit nie perfek onderhou nie (Gal 3:24) en dit het ons baie desperaat gelaat – vir ‘n Redder. Christus, die sondelose Seun van God, het Sy lewe namens ons gegee om die volle prys van die sonde te betaal. Ons is ‘geregverdig’ deur volkome in Sy volmaakte werk aan die kruis te glo. Lees hoe die Bybel dit verklaar:
“Alhoe­wel ons van die Jode en nie van die ongelowige volke afstam nie, weet ons tog dat niemand deur die wet te onderhou deur God vrygespreek word nie. Net deur die geloof in Jesus Christus kan dit gebeur! Selfs ons het tot geloof in Christus Jesus gekom sodat ons deur geloof, en nie omdat ons die wet onderhou nie, deur God vrygespreek kan word. Niemand sal mos deur die wet te onderhou deur God vrygespreek word nie! Die wet het my dood meegebring. Gevolglik leef ek nou vir God. Ek is saam met Christus gekruisig. Ek leef nie meer nie, maar Christus lewe in my. Die lewe wat ek nou op aarde leef, leef ek deur die geloof in die Seun van God, Hy wat Sy liefde vir my bewys het deur in my plek te sterf. Ek verwerp nie dié onverdiende goedheid van God nie. As dit moontlik was om deur God vrygespreek te word deur die wet te onderhou, het Christus mos verniet gesterf!” Gal 2:15-21.

Beteken dit nou dat ons ‘net glo’ en leef soos ons wil? Nooit! Die Bybel is baie duidelik: “Julle sal hulle aan hulle optrede uitken, net soos ‘n mens ‘n boom aan sy vrugte kan uitken.” Matt 7:16 is ‘n baie duidelike aanduiding van die werklikheid van ons geloof. Ons word geken aan ons vrugte. As ons Jesus as ons Here en Redder aanvaar; dan skryf Hy God se Wet op ons harte en ons word ‘n ‘nuwe mens’ in Hom. Wat aan die binnekant gedoen is, moet tog mos aan die buitekant ook wys.

Terug

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid | Grafiese Ontwerp en Webontwerp deur Kimia

English? Click here for our sister publication