Wie maak jou so belangrik? En wat besit jy wat jy nie ontvang het nie? As jy dit dan ontvang het, waarom stel jy jou so aan asof jy dit nie ontvang het nie?
Daar is ‘n lering dat geen mens die naam ‘Jesus’, wat Grieks is, moet gebruik nie, maar slegs die Hebreeuse naam ‘Yeshua’. sommiges is nogal heel uitgesproke daaromtrent. is dit verkeerd om die naam ‘Jesus’ te gebruik?
Answer:
Die belangrikste is om te onthou dat Redding gevind word in die persoon van die Seun van God, wat Sy lewe gegee het as soendood vir baie. Sy Naam, in Hebreeus, Grieks, Zoeloe, Engels, of enige ander taal, beteken ‘Redder’. Hý is die Redder; Sy Naam en titel getuig van hierdie groot wonder.
Dit is nie die Naam nie, maar die Seun wat red. Maria mag Hom op Sy Aramese naam genoem het. Lukas egter, die enigste nie-Joodse skrywer in die Nuwe Testament, het Hom op Sy Griekse naam genoem - maar vir hul albei, en alle gelowiges dwarsdeur die eeue, is Hy alléén die Redder. Die Bybel moedig ons aan om ons oë op Hóm gevestig te hou en nié vasgevang te raak in menslike idees en filosofieë, wat gewoonlik net die geloof kompliseer nie. Kol 2:8 is ‘n baie relevante Skrif: ”Wees op julle hoede en laat Niemand julle op sleeptou neem met ‘n leë, misleidende filosofie wat wel rekening hou met menslike tradisie en met kosmiese magte, maar nie met Christus nie.”