Ek weet dat ‘n ‘geloofsbelofte‘ nie ‘n lening is nie, maar ‘n waarborg of ‘n verpligting vir ‘n tydperk, feitlik dieselfde as die terugbetaling van ‘n lening. Is dit ‘n skrifgetroue praktyk?
Answer:
Om as borg vir ‘n lening te teken, maak jou verantwoordelik vir iemand anders se skuld - indien hulle sou fouteer. Die Bybel is baie duidelik daaroor dat ons onsself nie in so ‘n situasie moet plaas nie (Kyk Spr 6;1-3 en Spr 11:15). ‘n ‘Geloofsbelofte’ is ‘n persoonlike verpligting waarvoor jy persoonlik verantwoordelik is.
Een voorbeeld van so ‘n verpligting word in 1 Kor 16 genoem. Die gelowiges het gewaarborg om finansies daar te stel sodat Christene in Jerusalem gehelp kan word en Paulus skryf dat hy op pad is om dit by hulle te kom kollekteer. Hy verwag van hulle om hul belofte te eer en om die geld getrou en gereeld eenkant te hou. (1 Kor 16:2).
‘n ‘Geloofsbelofte’ is ‘n persoonlike saak tussen jou en die Here en moet onder leiding van die Heilige Gees geskied – nooit op grond van menslike druk nie. “Elkeen moet gee soos wat hy in sy hart besluit het, nie uit spyt of dwang nie, want God het die blymoedige gewer lief.” 2 Kor 9:7.
Ek weet dat 'n 'geloofsbelofte' nie 'n lening is nie, maar 'n waarborg of 'n verpligting vir 'n tydperk, feitlik dieselfde as die terugbetaling van 'n lening. Is dit 'n skrifgetroue praktyk?