Maar die Woord van die Here, dit bly vir ewig. En hierdie Woord is die Evangelie wat aan julle verkondig is.

1 Pet. 1:25.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


Question:

Ek het na dokumentêre programme op TV gekyk wat net mooi oor omtrent alles wat ek oor Jesus geleer het en waarin ek glo, twyfel saai. Byvoorbeeld, Jona en die walvis en Noag se ark. Ek voel gefrustreer oor of ons alles in die Woord van God moet glo of nie.

 
Answer:

Baie van hierdie dinge wat jy hoor, staan bekend as ‘liberale teologie’, ‘n filosofiesisteem wat poog om God te verklein tot mensgrootte! Die tyd van wonderwerke sal iets van die verlede wees die oomblik wanneer die God van wonderwerke nie meer bestaan nie1 Dit sal nooit gebeur nie. “Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid.” Heb 13:8

"Die hele Skrif is deur God geïnspireer…"
(2 Tim 3:16) en kan vertrou word. Jesus het gesê dat die hemel en die aarde sal verbygaan, maar nie Sy woorde nie (Mark 13:31). As dit in die Woord staan, kan jy dit glo. Terloops, Jeus het die storie van Jona geglo – lees Mat 12:40. Hy het ook die Woord ten opsigte van Noag en die ark geglo – Mat 24:37-39. “Pas op dat niemand julle van Hom af wegvoer deur teorieë en argumente wat misleidend is nie. Dit is die dinge wat  berus op die oorlewering van mense, op wettiese godsdienstige reëls en nie op Christus nie.” Kol 2:8

Terug

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid | Grafiese Ontwerp en Webontwerp deur Kimia

English? Click here for our sister publication