Laat hulle aan U toegewy wees deur die waarheid. U Woord is die waarheid.

Joh. 17:17.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


Question:

Wat is verkeerd as ek net vir die pret gaan dobbel?

 
Answer:

Die Woord vermaan ons om “weg te bly van alles wat sleg is.” 1 Tes 5:22. 1 Kor 15:33 waarsku ons: “Moet julle nie langer laat mislei nie: Slegte geselskap bederf goeie sedes.” Alles wat ons het en besit, behoort eintlik aan die Here – ons is maar net rentmeesters. Selfs wat ons vir ‘pret’ doen, moet aan die Heerskappy van Jesus Christus onderwerp word.

Plekke soos hierdie beïnvloed en moedig mense aan om geld te ‘skenk’ om mense – die mense vir wie Jesus aan die kruis moes hang - te verlei. Geloof in God word dus nou vervang met geloof in ‘geluk’.

Ons is betrokke in Geestelike oorlogvoering en ons taak is om die vestings van die vyand af te breek – nie om deel te hê daaraan en ons getuienis voor God te kompromitteer nie. Laat dit liewer “Of julle eet en of julle drink of wat julle ookal doen, doen dit alles tot die eer van God.” wees.

Terug

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid | Grafiese Ontwerp en Webontwerp deur Kimia

English? Click here for our sister publication