Verbly julle in die Here en juig, regverdiges, jubel alle opregtes!

Ps.32:1.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


Question:

Die Jode verkies om mense te begrawe en Jesus is begrawe volgens die Joodse gebruik. Maar daar is egter geen wet ten opsigte van verassing in Israel nie en Israeli-howe het onlangs ten gunste van die wettigheid van verassing uitspraak gegee.

 
Answer:

Die Jode verkies om mense te begrawe en Jesus is begrawe volgens die Joodse gebruik. Maar daar is egter geen wet ten opsigte van verassing in Israel nie en Israeli-howe het onlangs ten gunste van die wettigheid van verassing uitspraak gegee. Dit is egter vir Christene sowel as Jode ’n baie netelige saak.
Die Bybelse beginsel betrokke is dat die liggaam gerespekteer moet word. 1 Kor 6:19-20 sê “…dat julle liggame ’n tempel van die Heilige Gees is wat in julle woon en deur God aan julle gegee is nie? Julle behoort nie aan julleself nie, want julle is teen ’n duur prys gekoop.” Sommige voel dat verassing onrespekvol is omdat die heidene ook hulle dooi-es verbrand. Andere voel weer dat dit niks met onrespekvolheid te doen het nie, maar bloot ’n oplossing vir die hedendaagse gebrek aan ruimte is en sien net so reikhalsend na die heropstanding van die liggaam uit. Of ’n liggaam nou in die grond begrawe, verbrand of deur visse opgevreet is, is nie die kwessie nie. Die elemente waaruit ons liggame bestaan, gaan in elk geval bona-
tuurlik op die Opstandingsdag weer deur die Here Self lewend gemaak word, al het wat op aarde daarmee gebeur.
Wat die noodsaaklike Bybelse dogma betref, is die Woord van God baie duidelik daaroor. Sekere kwessies, soos verassing, word aan Christene se gewete oorgelaat en die Bybel leer ons ook dat ons die beginsels wat betrokke is, baie versigtig moet oorweeg en dat ons elkeen moet toelaat om “in sy eie gemoed oortuig te wees”. (Rom 14:5).
Dit is ’n besluit wat elkeen op sy knieë voor die Here, aan wie jou liggaam behoort, moet neem. “Vra vir God as jy nie kan agterkom wat Hy wil hê jy moet doen nie. Hy sal jou eenvoudig die wysheid gee, en jou nie verwyt dat jy dit gevra het nie.” Jak 1:5-6

Terug

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication