Vertrou jou lewe aan die Here toe. Vertrou Hom en Hy sal vir jou sorg.

Ps 37: 5.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


Question:

My twintigjarige dogter is swanger by haar vorige vriend wat nie saam met haar in dieselfde juk trek nie en woedend oor die situasie is. Hy dring aan op sy regte as pa – nou en ook nadat die baba gebore is. As haar ouer, en ook om te verseker dat daar voldoende beskerming vir sowel my dogter as die ongebore baba is, sal ek raad t.o.v. hoe die situasie deur die reg hanteer gaan word, waardeer.

 
Answer:

Dit is goed en ook Skriftuurlik om jou dogter asook die komende kleinkind te beskerm en die Here beveel sterk aan dat genade en vergifnis beoefen moet word. Sover die reg betref, moet asseblief nie enige raad van leke hieroor aanvaar nie. Dit sal baat om goeie raad van ’n ervare en absoluut kundige regspersoon te soek. Die wette oor kinders is baie kompleks en word voortdurend opgradeer. Ek vertrou die Heilige Gees sal jou in die regte rigting lei en leer. Dit is wat Hy graag doen (Rom 8:14).

Terug

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication