Dit veral moet julle weet: geen profesie in die Skrif kan op grond van eie insig reg uitgele word nie.

2 Pet. 1:20.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


Question:

V. My pastoor sê God is soewerein en in beheer van alles, insluitend my gedrag en houding. Hy weet wie ek is, want Hy het my so gemaak, dus het Hy reeds voorsiening vir my verkeerde gedrag gemaak en ek moet net ontspan en Sy genade geniet. Ek hoef nie skuldig te voel wanneer ek iets verkeerd doen nie. Is dit ʼn goeie lering?

 
Answer:

A. Wanneer enigiets tot die uiterste gaan, is dit ongebalanseerd. Die ekstremistiese lering oor genade wat tans in kerke die rondte doen, laat veel te wense oor. Ons moet ten volle in God se soewereiniteit glo, en net so ten volle in die mens se verantwoordelikheid. Lees Romeine 9 en 11 vir meer insig hieromtrent. Openbaring 2:1-7 hou vir ons die voorbeeld van die gelowiges van Efese voor. God het hulle vir hulle goeie werke geloof, maar het nooit verantwoordelikheid aanvaar vir die feit dat hulle hulle “eerste liefde verlaat het” nie. Inteendeel, Hy het hulle tereggewys en geroep om hulle te “bekeer” anders sou hulle groot verlies ly. “Elkeen wat kan hoor, moet luister na wat die Gees vir die gemeentes sê.”

Terug

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication