Wie maak jou so belangrik? En wat besit jy wat jy nie ontvang het nie? As jy dit dan ontvang het, waarom stel jy jou so aan asof jy dit nie ontvang het nie?
Wat is verkeerd om jou liefde te wys, net tot voor die seksdaad?
Answer:
Die ‘dwalende hand’ kan gevoelens opwek wat onbeheers kan raak en tot sonde kan lei. Dit is baie beter om die Bybelse beginsel te gehoorsaam – “Vlug vir enigiets wat jeugdige drange aanwakker. Spits jou toe op enigiets wat jou die regte dinge laat doen” (2 Tim 2:22) eerder as om die Heilige Gees hartseer te maak. Spandeer tyd om oor Jak 1: 12-18 te dink. Die Here beloof dat hulle wat versoeking weerstaan, deur Hom beloon sal word (v 12). Die alternatief is gevoelens wat opgewek is en wat vervulling vind in sondige dade en geestelike dood (v 15, 16). Dit is baie ernstig om doelbewus dinge te doen wat wys dat ons die Woord van God ongehoorsaam is en dat ons gemeenskap met Hom daardeur verbreek.