Wie maak jou so belangrik? En wat besit jy wat jy nie ontvang het nie? As jy dit dan ontvang het, waarom stel jy jou so aan asof jy dit nie ontvang het nie?

1 Korintiers 4:7

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


Question:

Ek het ernstige probleme. Hoekom help God my nie voor dit te laat is nie? Ek begin wonder of die bybel waar is…

 
Answer:

Dink vir ‘n paar dae oor 1 Kor 10:13 na totdat dit in jou gees geabsorbeer is en jy sal self uitvind dat die Bybel waar is. Dit leer jou vier dinge:

  1. “Geen versoeking het jou oorval wat jou nie bekend is nie” – die probleem wat jy ondervind is algemeen onder mense. Soms vra ons: ‘Waarom ek?’ Ons kan net sowel vra: ‘Waarom nie ek nie?’
  2. “En God is getrou” – dieselfde God wat ander deurgedra het, sal jou ook deurdra omdat Hy  getrou aan Sy Woord en beloftes is.
  3. “Hy sal nie toelaat dat jy bo jou kragte versoek word nie” – dit maak nie saak hoe ernstig jou problem is nie, ons getroue God het ons Sy Woord gegee en Hy sal nie toelaat dat ons iets oorkom wat ons nie met Sy hulp kan hanteer nie. God is Soewerein in ons lewens. Die duiwel kan niks doen sonder Sy toestemming en gesag nie. Lees Job 1:9-12 en 2:4-6 in die verband.


4.    “Die versoeking sal ook plek laat vir uitkoms, sodat jy dit kan verduur” – God belowe dat Hy sal onderneem en uitkoms sal gee. Hy sal die ‘onmoontlike’ doen. Al wat Hy van ons vra, is dat ons die ‘moontlike’doen en Hom te vertrou. Hy laat nooit toe dat iets gebeur sonder dat Hy ‘n doel het daarmee nie.

Terug

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid | Grafiese Ontwerp en Webontwerp deur Kimia

English? Click here for our sister publication