Jy moet die Here jou God liefhe met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag en met jou hele verstand, en jou naaste soos jouself.

Eksodus 20:1

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


Question:

Die politieke situasie in die land maak my benoud. Ek sien net nie meer ‘n veilige toekoms hier nie en wil emigreer – maar my leiers sê ek moet net gaan as God my sê om te gaan. God gee sekerlik nie om as ek na ‘n veiliger land met meer ekonomiese vooruitsigte trek nie?

 
Answer:

Die Woord sê dat God ‘n baie spesifieke plan vir ons lewens het. “U het my al gesien toe ek nog ongebore was, al my lewensdae was in U boek opgeskrywe nog voordat ek gebore is.” Ps 139:16

Die vraag is nie of ek veiliger is en meer geleenthede gaan kry nie, maar wat die Wil van God in my lewe is. Abraham het na ‘n vreemde land getrek omdat God hom beveel het (Gen 12:1). Elia het in sy land gebly ten spyte van hongersnood en God het vir sy behoeftes gesorg deur van kraaie en die arm weduwee gebruik te maak. Dit was God se Wil vir hom vir daardie spesifieke tyd (1 Kon 17:5). Naomi het na ‘n ander land getrek vir ekonomiese redes en die einde was rampspoedig (Rut 1:1-5).

God ken die einde en die begin en Hy weet waar ons op ‘n spesifieke tyd in ons lewens moet wees. “Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staat maak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop.” Spr 3:5,6.

Terug

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid | Grafiese Ontwerp en Webontwerp deur Kimia

English? Click here for our sister publication