Jesus het daarop gereageer: Ek verseker jou, as iemand nie van bo (opnuut)gebore word nie, kan Hy die Koninkryk van God nie sien nie.

Joh 3:3.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


Question:

Ek is 18 en honger na lofprysing en aanbidding. Ek wil die wereld deur musiek van Sy grootheid vertel, maar daar is nie geleendheid hier in my land om dit te doen nie. Wat moet ek God in hierdie geval vra?

 
Answer:

God weet hoe jy aanmekaar gesit is en  waarom Hy jou só gemaak het. Dis nie nou die tyd om op eie insig te vertrou nie, maar om jou aan Hom toe te wy en na die influistering van die Heilige Gees te luister. Hy sal jou lei om jou talente vir Hom te gebruik.

Ps 32:8 sê: “Ek sal jou onderrig en die pad wys waarop jy moet gaan. Ek sal jou raad gee en my oog sal op jou wees.” Vra God elke dag om jou leiding te gee en die genade om te verstaan wat Hy sê. Somtyds, egter, moet ons op ‘n leerkurwe gaan ten einde geestelike perspektief en volwassenheid te bereik. En dit neem soms tyd. Die belangrike ding is om elke geleentheid te gebruik om te bedien na die beste van jou vermoë – bv. lei die aanbiddingspan in die Sondagskool en slyp al jou godgegewe talente.

God sal jou in Sy tyd beloon vir jou getrouheid en jou groter verantwoordelikheid gee. Moenie probeer om vooruit te hardloop nie. Hou Sy hand en bou ‘n sterk fondasie.

Terug

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid | Grafiese Ontwerp en Webontwerp deur Kimia

English? Click here for our sister publication