As jy dit doen, sal die lig vir jou deurbreek soos die nuwe dag. Jou genesing sal spoedig herstel. Hy wat jou red, sal voor jou uitgaan, die heerlikheid van die Here sal jou van agter beskerm.

Jes 58:8.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


Question:

Alternatiewe godsdienstige sisteme (soos Scientologie) is deesdae in die nuus omdat beroemdes daarby betrokke is. Dis so verwarrend. Wat moet ons nou eindtlik glo?

 
Answer:

Daar is niks nuuts onder die son nie! Hierdie dinge is reg vanaf die vroegste tye ‘n pro­bleem in die Kerk van Jesus Christus. Paulus skryf aan die Korintiërs oor dieselfde ding: “Ek is jaloers oor julle eer, want julle is soos ‘n jong meisie wat ek aan net een bruidegom toegesê het, en wat ek daarom vlekkeloos aan Christus wil oorhandig. Ek is tog bang dat julle gedagtes weggevoer sal kan word van julle opregte en suiwer toewyding aan Christus, net soos die slang Eva verlei het. As iemand ‘n ander Jesus verkondig as wat ons verkondig, of ‘n ander Gees of ‘n ander evangelie aanvaar as die wat julle van ons ontvang het, is julle só maklik tevrede daarmee.Want sulke mense is vals apostels; hulle is bedrieglike werkers wat voorgee dat hulle apostels van Christus is. Geen wonder nie! Die Satan self gee immers voor dat hy ‘n engel van die lig is. Daarom is dit ook niks besonders dat sy diensknegte hulleself voordoen as dienaars van die geregtigheid nie. Hulle uiteinde sal wees wat hulle volgens hulle dade verdien.” 2 Kor 11:2-4, 13-15. Die les hier is om nie alles te glo wat ander sê nie, maar toets alles aan die Woord van God! Die Here Self sal met dié handel wat Sy Woord verdraai om hul eie lering te pas. Lees gerus ook 1 Joh 2:15-18.

Terug

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid | Grafiese Ontwerp en Webontwerp deur Kimia

English? Click here for our sister publication