As jy dit doen, sal die lig vir jou deurbreek soos die nuwe dag. Jou genesing sal spoedig herstel. Hy wat jou red, sal voor jou uitgaan, die heerlikheid van die Here sal jou van agter beskerm.
As Moslems en Jode in God glo, waarom gaan hulle nie Hemel toe nie? Ons glo tog almal aan dieselfde God en noem Hom net ander name?
Answer:
Jesus het gesê: “Ek is die Weg, die Waarheid en die Lewe; Niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.” Joh 14:6 . Hy was òf mislei, ‘n bedrieër òf Hy het bedoel wat Hy gesê het. Daar is net een God en slegs een Weg na die Vader. Indien daar ‘n ander manier was om in die hemel te kom; dan was Jesus se lyding en opstanding onnodig en oorbodig. God is nie skisofrenies nie. Hy gebruik nie verskillende name om verskillende geloofstelsels te propageer nie. Sy Woord sê: “Want daar is net een God en een Middelaar wat God en die mens kan versoen. Hy is die mens Christus Jesus.” 1 Tim 2:5. In Noag se tyd was die ark die enigste manier om gered te word. Christus is God se Ark vir ‘wie ookal’ glo, ongeag hul geloof of geloofsoortuiging.