Maar hierdie wondertekens is beskrywe sodat julle kan glo dat Jesus die Christus is, die Seun van God, en sodat julle deur te glo, in Sy Naam die lewe kan he.

Joh. 20:31.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief

Is gratis tydskrifte beskikbaar om tydens kerkfunksies/ontbyte/vroudae uit te deel?

Ja! JUIG!/JOY! skenk baie graag tydskrifte aan belangstellendes en gevangenes. Ons het een keer per maand so ‘n verspreidingsessie regoor die land. E-pos: info@juig.co.za met jou versoek – noem die datum waarop die funksie is, aantal tydskrifte wat verlang word, ens. Onthou net om ons betyds te skakel!

Wat moet ek doen dat my kerk JUIG! as leesstof moet aanhou?

Dit is baie maklik vir jou kerk/organisasie om JUIG! in voorraad te hou. Stuur ons ‘n e-pos met jou versoek en kontakbesonderhede en ons sal poog om julle by ons verspreider, RNA, te lys. Daar is geen risiko aan verbonde nie, aangesien JUIG!/JOY! op ‘n verkoop/terugneem-basis fungeer. E-pos navrae@juig.co.za vir verdere inligting.

Waarom moet ek op JUIG! inteken?

Die voordele is veelvoudig. Jy kry nie net ‘n geskenk as jy inteken nie, maar jy spaar ook R50.00 op die omslagprys. Jou tydskrif word ook ‘n week voor dit op die rakke beskikbaar is, afgelewer. Jy hoor ook eerste van die kompetisies, gebeure en Christen-nuus.

Waar kan ek JUIG! Tydskrif en JOY! Magazine koop?

Dit is by alle Christen-boekwinkels en ook by die volgende winkels beskikbaar: Woolworths, Spar, Checkers en 7 Eleven. As dit nie op die rak is nie, vra asb die Bestuurder – hulle is veronderstel om dit aan te bied. Dit is nog nie by Pick ‘n Pay beskikbaar nie – vra asb die Bestuurder en doen gereeld navraag daaromtrent.

 

As jy sien dat ons tydskrif weggesteek op die rakke is, plaas dit asb op ‘n prominente plek – ons betaal presies dieselfde vir die rakspasie as enige ander tydskrif en dikwels is dit die winkeleienaars/-bestuurders wat nie Christene is nie wat die tydskrif op versteekte plekke plaas. As jy sien dat JUIG!/JOY! nie by ‘n winkel te koop is nie, e-pos ons asb by info@joymag.co.za en ons sal die winkels gelys kry.

Hoe dikwels word JUIG! en JOY! gepubliseer?

JUIG! verskyn tweemaandeliks terwyl JOY! maandeliks verskyn en reeds vanaf die middel van elke maand op die rak is.

Hoe kan ek vir JUIG! Tydskrif skryf?

Ons verwelkom alle getuienisse en voorleggings. Maak egter seker dat jy ‘n intekenaar is en dat jy ons ‘Skrywersriglyne’op ons webwerf deeglik bestudeer het. Neem ook kennis dat ons gereelde medewerkers het en oor die algemeen, weens beperkte ruimte, slegs enkele losstaande artikels van lesers publiseer.



 

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication