As jy dit doen, sal die lig vir jou deurbreek soos die nuwe dag. Jou genesing sal spoedig herstel. Hy wat jou red, sal voor jou uitgaan, die heerlikheid van die Here sal jou van agter beskerm.
Ons bied met trots die derde uitgawe van JUIG! Tydskrif aan u– beskikbaar by winkels landswyd! Die reaksie op ons vorige uitgawe van Christene dwarsoor Suid-Afrika is vir ons ‘n bevestiging dat daar inderdaad ‘n honger is na die onvervalste en onafgewaterde Woord. Hierdie tydskrif is vir alle denominasies. Ons bied u relevante Christen-leerstof, -artikels en -getuienisse.
ARTIKELS IN DIE NUUTSTE UITGAWE:
-Word 'n Beter Jy: Joel Osteen -Ontmoeting in die Vlammehel -Waarom Kinders Moor -Geblikte Leeujag: 'n Nasionale Skande -Die 'Saamleef'-Leuen -Help! Ek is Skynheilig -Ricardo Kaka: Koning Onder Sokkerspelers -Het Jy My Waarlik Lief? -Die Bybelse Betekenis van Voetewas -Leer Jou Kinders om te Bid -Kom Terug na My Toe -Die Evangelies van Matteus, Matteus, Markus, Lukas en Johannes -Oorkom Eensaamheid -Koningin vir Haar Meester -12 Huweliksmoordenaars -Kommunikasie
Kry jou JUIG! Tydskrif nou by winkels landswyd of teken in vir R240 vir 12 uitgawes. Kontak ons by inteken@juig.co.za
Artikels in Ons Tydskrif
Word 'n Beter Jy
God het jou nie gemaak om middelmatig te wees nie. Hy wil meer in en deur jou doen as wat jy ooit kan dink. Ons wil almal meer eff ...