Jy moet die Here jou God liefhe met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag en met jou hele verstand, en jou naaste soos jouself.

Eksodus 20:1

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


1 Jun 2010  

Ek is geskok om te lees dat prof. George Claassen uitgenooi is om die Fakulteit Teologie van die Universiteit van Pretoria te open. Dankie tog daar is nog mense soos dr. Andries Gous wat die waarheid aan hulle voorhou: Die jong teologiese studente is nog vatbaar en broos. Dit wat hulle leer gaan in gemeentes verkondig word! 'n Goeie leermeester sal nie net sy leerder onderrig nie, maar ook begelei.

Aan die teologiese proffesore wil ek graag in liefde vra: Is daar biddend gemeet of die Skrifverklaringsmetodes wat  onderrig word wel Skrifgetrou is? Eintlik vra ek hoe hulle wereldbeskouings lyk, want ons verklaringsmetodes bepaal tog hoe ons die Skrif verstaan en gevolglik ook ons wereldbeskouing.  Ek is oortuig dat daar huidiglik 'n klomp verklaringsmetodes is wat nie skrifgetrou is nie, en ons moet leer om biddend te onderskei. Die Skrif self getuig dat dit die heilige, geinspireerde Woord van God is en daarom kan dit slegs deur die werk van die Gees reg uitgele word (2 Pet. 1:20-21). Wie dus die Skrif reg wil verklaar, moet dit onder leiding van die Gees doen met die sleutels wat die Gees self in die Skrif gee.  In verband met evolusie verwys ek na Gen. 2:4: "Dit is dan die geskiedenis van die hemel en die aarde toe hulle geskep is." Die woord geskiedenis verwys hier na historiese feite. Dieselfde geld vir die ontkenning van die maagdelike geboorte: Matt. 1:18 se: "Hier volg nou die geskiedenis van die geboorte van Jesus Christus." 'n Christen wat Skrifgetrou wil wees kan dus nie anders as om die skeppingsleer en die maagdelike geboorte te bely nie. Proffesore, het julle biddend gemeet of die verklaringsbeginsels wat julle leer wel Skrifgetrou is?

Elsabe van der Westhuizen.

Back

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid | Grafiese Ontwerp en Webontwerp deur Kimia

English? Click here for our sister publication