N.a.v. die brief van die maand: Dank God dat daar nog professore, predikante, pastore en evangeliste is wat die waarheid verkondig. Ek wil net vir dié here sê daar is kinders van God wat vir hulle bid. In my eie familie was daar ‘n ateïs wat deur gebed ingekom het. Ons het Joh 14:14 vir ons toegeëien, want ons God is groot.
Ek wil vir die professore sê ons God is ook almagtig en Hy leef en Hy het waarlik opgestaan. Solank Jesus nog nie gekom het nie, sal ons bid vir sukses en ons besig hou met die Woord se uitdra aan mense wat nog buite staan. Ek wens ek kon vír hulle die keuse maak, maar God sal deur Sy Gees in hulle werk, want hulle is kosbaar vir Hom. Hy het hulle lief, hulle moet net Sy liefde beantwoord. Die tyd raak nou min voor die einde. Dankie ook vir mense soos Dr Andries Gous.