Maar die man wat julle in die verwarring bring, wie hy ookal mag wees, God sal hom straf

Galasiers 5:10

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


28 Jun 2010  

Ek vertel graag ietsie van my lewe net om die jonges moed te gee. Ek het op ‘n plaas in die Oos-Kaap grootgeword en het liefdevolle ouers gehad wat my Christelik opgevoed het. Op sewentienjarige ouderdom is ek uit die huis en het absoluut van die Here afgedwaal. Ek en Anna is in 1949 getroud en sy het die Here ten volle gedien en aanbid. Ek is nou nog verstom dat sy in my belanggestel het.

Daar was nooit ‘probleme’ tussen ons oor my leefstyl nie en in 1964 het ek ‘n plaas buite Parys gekoop en met, onder andere, graan geboer. Weens verskeie terugslae moes ek by die Landbank vir ‘n lening aansoek doen, en na my aansoek afgekeer is, om die verkeerde redes my skrede tot God gewend. Op Maandag 13 September 1965 het ek om tienuur van die lande afgekom en by Pastoor Wright aangekom.

Hy het my in gebed voorgegaan en, tot my verbasing, het ek nie meer gebid om die behoud van my plaas nie, maar vir die redding van my siel. Ek het my sonde bely en ‘n oorgawe aan die Here gemaak. Ek het, t.s.v. my siening dat ‘n man wat huil, ‘n nikswerd sissie is, ‘geween’ voor Hom. Ek is daar weg met ‘n besluit dat ek klaar is met die verkeerde en dat my hart aan die Here alleen behoort.

Dit is nou feitlik 45 jaar later en ek gee al die eer aan die Here wat my en my vrou nog steeds elke dag staande hou. Waar ons nie kon loop nie, het Hy ons gedra. Ons dien Hom nog steeds (ons albei is al baie diep in die tagtig, reeds 61 jaar getroud en oefen nog steeds Maandae en Donderdae saam in die Gim) en kan net getuig van Sy goedheid en getrouheid elke dag.

Pierre Venter

Back

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid | Grafiese Ontwerp en Webontwerp deur Kimia

English? Click here for our sister publication