Verbly julle in die Here en juig, regverdiges, jubel alle opregtes!

Ps.32:1.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


5 Jul 2010  

Ek sien hier op "Kletskerk" word "JUIG" baie aangeval! Allerhande benamings soos bv. "Juig suig" word genoem, net omdat julle suiwer Skrifgefundeerd is. Die hele affêre rondom George Claassen - ag, hoe kan mense beweer God bestaan nie!!  Het jy al vir jou longe "gekyk" en gesê :" Hallo longe!" of vir jou hart :"Hallo hart!" Die feit dat jy dit nie kan sien nie, beteken nie dat dit nie bestaan nie!!!  Hoe weet jy dat longe 'n rol speel wat asemhaling betref? Dit beweeg op en af, maar dit kan net sowel 'n ander "funksie" ook verrig!

Mense wat beweer dat God nie bestaan nie, is mense sonder "verstand!", want jou gesonde verstand sê daar IS 'n God!

Die uniekheid van die hele Skepping - alles pas so PERFEK in, alles kan ONMOONTLIK deur evolusie ontstaan het.

'n Werklike wedergebore mens kan nie omdraai en skielik sê :"God bestaan nie", want jy het die Here op 'n bepaalde manier erváár en belééf.  'n Ongeredde kan dalk maklik so iets sê, veral as dit lyk asof sy probleme nie opgelos word nie.

Ons, as lesers, kan gerus vir die redakteur en mense wat betrokke is by die tydsrkif, intree en bid dat die Here hulle die genade gee om "aanvalle" op die regte wyse te hanteer en met Christus se gesindheid.

Retha Nothnagel

Back

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid | Grafiese Ontwerp en Webontwerp deur Kimia

English? Click here for our sister publication