Laat die leser ordeel soos een wat geoordeel word.
Miskien het my worsteling met die openingshoofstuk-ke van hierdie baie belangrike boek van die Bybel hier begin. Ek het gevra:“Waarom het God dan ‘nagelaat’ om van die begin af vir die mens (Adam) ʼn vrou te maak? Hoe pas dit dan in by Genesis 1: 26 - 28 (en veral vers 27)? Is hier ’n weerspreking? Het God dan vergeet?” Nee, God is, in teenstelling met die sondige mens, nie nalatig nie. Ook is daar geen teenstrydighede in Sy Woord nie! God het gespreek toe Hy geskape het; en Hy spreek tot ons wat die skeppingsverhaal lees. In hierdie werk gaan ek poog om met die vraagstuk van die sinsnede, “...man en vrou het Hy hulle geskape”, te handel..
Skrifgedeeltes: Gen. 1: 26 tot 28, “:26 En God het gesê: ‘Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip. “ 27 En God het die mens geskape na Sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape. “ 28 En God het hulle geseën, en God het vir hulle gesê: ‘Wees vrugbaar, vermeerder en vul die aarde, onderwerp dit en heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en oor al die diere wat op die aarde kruip.’ ”
Gen. 2: 18 – 24, “ 18 Ook het die HERE God gesê: ‘Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom ʼn hulp maak wat by hom pas’ “ 19 En die HERE God het uit die aarde al die wilde diere en al die voēls van die hemel gevorm en hulle na die mens ge-bring om te sien wat hy hulle sou noem. En dit wat die mens elke lewende wese sou noem, so moes hulle naam wees. 20 So het die mens dan name gegee aan al die mak diere en aan al die voēls van die hemel en al die wilde diere van die veld. “Maar vir die mens het Hy geen hulp gevind wat by hom pas nie. 21 Toe het die HERE God ʼn diepe slaap oor die mens gebring; en terwyl hy slaap, het Hy een van sy ribbe-bene geneem en die plek daarvan met vlees toegemaak. 22 En die HERE God bou die rib wat Hy van die mens geneem het, tot ʼn vrou en bring haar na die mens.
“ 23 Toe sê die mens: ‘Dit is nou uiteindelik been van my gebeente en vlees van my vlees. Sy sal “vrou”(mannin) genoem word, want sy is uit die man geneem.’ ” “ 24 Daarom sal ʼn man sy vader en sy moeder verlaat en sy vrou aankleef. En hulle sal één vlees wees”
Genesis word deur teoloë as die eerste evangelie (proto evangel) beskryf, en daar word algemeen saamgestem dat die eerste drie hoofstukke van Genesis van uiterste belang is. Om díé te verstaan is om ’n goeie grondslag te hê waarop ’n om-vattende begrip van God en Sy handelinge met die mens gebou kan word. Hiermee stem ek volkome saam.
Dit het ek gevind: Genesis 2 is die noodsaaklike verdui-deliking van ʼn kortlikse inleiding in Gen. 1: 26 – 28. Hierdie stelling moet ernstig oor nagedink word, die waar-heid hiervan al dan nie moet oorweeg word; verwerp word indien dit nie oortuig nie. Of, indien dit wél oortuig, as basis dien vir verdere studie. Die ou holrug geryde argument dat Genesis 1 en 2 veskil-lende weergawes van die skeppingsverslag (nie ʼn verhaal nie!), moet nou teenoor my verweer hierbo opgeweeg word en die leser moet dan standpunt inneem; ʼn standpunt waarop enige Bybelstudie vorentoe gegrond sal word. Daarom her-haal ek dit met die nodige nadruk: Genesis 2 is die nood-saaklike verduideliking van ʼn kortlikse inleiding in Gen. 1: 26 – 28. Wat my betref, ek self sal dit wat volg bou op hierdie aanname.
Noudat ons hierdie oënskynlike teenstrydigheid afgehandel het, laat ons met die tema van die huidige studie voortgaan: In Gen. 1: 27 kry ons die indruk dat God die man en vrou gelyktydig geskape het. Maar in Gen. 2: 18, maak God dit duidelik dat die man tot op daardie staduim alleen was. God sê dit is nie wat Hy in gedagte gehad het nie; Hy sal vir die man ʼn helper maak wat by hom pas. Daarom is dit egter met verbasing dat ons lees dat God, instede van ʼn vrou te maak, Hy al die diere van die veld en die voëls van die hemel na die mens toe bring om te sien wat hy hulle sou noem. Dus, in stede daarvan om die man se pro-bleem op te los, dra God aan die man die taak op om aan al die diere name te gee. Waarom?
Die mens was in ʼn posisie geplaas waar hy ʼn gewaarwording sou ontwikkel het van sy eie onvolledigheid. In Gen. 2: 19 en 20 lees ons dat, instede daarvan dat die Here God vir die mens ʼn vrou maak, “’n maat maak wat by hom pas” , die mens eers opdrag kry om aan “al die diere” wat God gemaak het, name te gee. Adam is in beheer geplaas van die mooiste tuin op aarde. Al die diere het na hom toe gekom vir name.Wat ’n wonder-like vreugde! Watter verskriklike eensaamheid te midde van hierdie wonderlike skepsels van God—niemand soos hy om sy vreugde mee te deel nie! Niemand om intiem naby hom te wees nie. Is eensaamheid nie júís soveel méér beklemtoon midde in ’n skare nie? Adam moes van meets af besef dat hy ’n “sosiale dier” (Kalvyn) is. Hy moes juis uit sy “wetenskapsnavorsing” waarin hy name aan die diere moes gegee het, die teenstel-ling tussen hom en die diere—wat almal van twee geslagte was, mekaar geniet, te paar en voort te plant—sien, en só ’n bewuswording van sy eie onvolledigheid ontwikkel. Bybelkommentators, onder andere ook Johannes Kalvyn, neig om hierin ’n les net vir Adam self te sien. Hoewel ek hiermee saamstem, sien ek ook ʼn baie wyer toepassing hierin.
Adam was, volgens die apostel Paulus, ʼn tipe van Christus: Die apostel Paulus gebruik Adam baie doeltreffend in sy sendbriewe as ʼn tipe van Jesus Christus. In Romeine. 5: 14, beskryf hy Adam as “’n voorbeeld…van” Christus. Maar juis hier in Rom 5: 12-21 asook in I Kor.15: 45-47 egter, word Adam as die téénpool van Christus gestel. Deur Adam word sonde en veroordeling die wêreld binne gebring. Christus, daarenteen, kom om die dood te oorwin en ons met God te versoen.. In Efësiërs 5: 22-32, pas Paulus juis Gen. 2: 18-24 toe op die huwelik as díe instelling wat meer as enige ander simbool die verhouding tussen Christus en Sy kerk, wat Sy liggaam is, versinnebeeld! In Genesis 2: 18-24 word Adam—anders as in die vorige voorbeelde juis voorgestel as sóós Jesus te wees—onvolledig sonder Sy bruid In sy brief aan die Efésiërs, kyk Paulus na die doelstelling van God met Sy skepping. Hy lig as’t ware die sluier op die vóórskeppings bepalinge van God. Dit word dan juis hier al duidelik dat God deur Sy verlossingsplan sal verkry juis dit wat Hy van die begin af ten doel gehad het—deur Sy Seun Jesus Christus.
Adam se diepe slaap ʼn voorskou van Christus se dood. In vers 21 staan daar, “Toe het die HERE God ’n diepe slaap op die mens laat val; en terwyl hy slaap, het Hy een van sy ribbebene geneem en die plek daarvan met vlees toegemaak”. Die slaap word dikwels in die Bybel gebruik as ’n sinne-beeld vir die dood. In Daniel 12: 2 lees ons, “En baie van die wat in die stof slaap, sal ontwaak, sommige tot die ewige lewe en sommige tot groot smaadheid, vir ewig afgryslik”. Christus bevestig hierdie gedagte in Johannes 5: 28 en 29. Lees dit gerus! Die laaste woorde wat die engel tot Daniël spreek, gee die dood ’n sagte glans wanneer hy sê,”En jy (Daniël), gaan heen na die einde; en jy sal rus en weer opstaan tot jou bestemming aan die einde van die dae” (Dan. 12: 13).
Wanneer Lazarus sterf, gebruik Jesus die slaap as simbo-lies van die dood in Joh. 11: 11 en 14; so ook in die geval van Jaïrus se dogtertjie in Lukas 8: 52 en 53. Martha, die suster van die ontslape Lazarus verwyt vir Jesus (Joh. 11: 21), maar volhard tog in die geloof; aan die eenkant bedroef, aan die anderkant hoopvol, tog ook berus-tend in die algemene hoop van haar mense as sy sê, “Ek weet dat hy sal opstaan in die opstanding op die laaste dag”.Sien ook Job se hoop soos in Job 19: 23-27. Jesus se woorde aan Martha is egter waarop ons ons hoop vestig. “Jesus sê vir haar: Ek is die opstanding en die lewe; wie in my glo, sal lewe al het hy ook gesterwe” vers 25. Jesus Christus het vir ons sondes gesterwe. Dit is waar-voor hy vlees geword het en waarop Hy sy dissipels voorberei het. Dit is die gebeurtenis waarop die apostels terugkyk in hulle sendbriewe en waaruit hulle die gemeentes bemoedig. Paulus se evangelie is op hierdie gebeurtenis geskoei en hy gee betekenis daaraan in die brief aan die Romeine. Dit is van hierdie brief wat die herformer, Marin Luther gesê het, “Die beste evangelie ooit!” Adam se diepe slaap het die dood van Jesus in ons plek versinnebeeld. Wat gebeur het terwyl Adam in hierdie diepe slaap verkeer het, het ook betrekking op Jesus
Adam se rib vanuit sy sy ʼn tipe van die wond in Christus se sy. “…en terwyl hy slaap, het Hy een van sy ribbebene ge-neem en die plek daarvan met vleis toegemaak” (vers 21b). Waaraan herinner dit? Miskien verkry die deursteking van Jesus se sy met ’n spies ʼn nuwe betekenis.. In Joh. 19: 33-37 lees ons: “…maar toe (die soldate) by Jesus kom en sien dat hy al dood was, het hulle sy bene nie gebreek nie, maar een van die soldate het met ’n spies in sy sy gesteek en dadelik het daar bloed en water uitgekom.” Let op die reaksie van die apostel: “En hy wat dit gesien het (Johannes het altyd na homself in sy evangelie in die derde persoon verwys), het dit getuig, en sy getuienis is waaragtig; en hy weet dat hy die waarheid spreek, sodat julle kan glo. Want hierdie dinge het gebeur, dat die Skrif vervul sou word: ‘Geen been van Hom sal gebreek word nie’, en weer sê ’n ander Skrif: ‘Hulle sal sien in wie hulle gesteek het’”. Die man vind (uit-) eindelik vervulling; soos die Kerk die volheid van God word! In Gen. 2: 22-23 lees ons: “En die Here God bou die rib wat hy uit die mens geneem het, tot ’n vrou en bring haar na die mens. “Toe sê die mens: ‘Dit is nou eindelik been van my gebeente en vlees van my vlees. Sy sal Mannin genoem word, want sy is uit die man geneem.” Ook Christus het deur Sy lyde vir homself ’n geslag ver-kry uit Sy dood en opstanding. Die liggaam van die gelowiges is uit Christus vir Christus, sien o.a. ook Rom. 11:36.
Ek ontvang graag reaksie op die inhoud van my skrywe - prinsloohf@webmail.co.za Henk Prinsloo |