Ek skaam my nie vir die Evangelie van Christus nie,want dit is n krag van God tot redding vir elkeen wat glo, in die eerste plek vir die Jood, maar ook vir die nie-Jood..

Rom. 1:16

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


2 Sep 2011  

Dagsê,

 

Ek het jare terug (2002/3) probeer uitvind of die PU vir CHO (Nou NWU, Potchefstroom kampus) bereid sal wees om voorsienning te maak vir die vraag na 'n AGS-kantoor op die kampus.  Ek was toe deel van die AGS jeug in die suid-dorp en ons het baie studente gelok wat aan die kerk verband was, maar geen plek gehad het na heen te gaan op die kampus nie.

Ek self was net uit die skool en aangevuur om uit te vind van hierdie bediennings moontlikheid.  Ek het op die internasionale kantoor vir sending afgekom en ingestap.  Daar het ek met die sekretaresse gepraat oor waarna ek opsoek is en sy het my na die dekaan gevat wat meer as gewillig was om 'n tydjie af te staan.  Ek wou so graag weet waar en hoe ons hierdie gaping kon vul en het dadelik my eertse vraag gevra: Wat is die stand van die PUK teenoor uitreiking en bedienning in hul eie geledere?

Tot my skok was ek ingelig dat die Universiteit, waarvoor ek self net begin werk het, 'n "plek van lering" is en nie vir sending nie.  Om die minste te sê was my voete onder my uitgeslaan en ek het nie geweet wat om meer te vra nie.  Die dekaan het besluit om my te peper met vra - Waar kom jy vandaan?  Hoe het jy by die PUK ingeskakel? ens.

Ek het hom toe maar van my delemma vertel om te kies tussen twee werks opsies - SAPD / PUK vir CHO en hoe God dit in my hart duidelik gemaak het dat en by die PUK moes kom werk.  Die dekaan het geglimlag, tergend vorentoe gekom en gevra: "En hoe is dit dat God met jou kan praat, nogal?"  Dit was duidelik dat die dekaan nie hieraan geglo het nie!  En hy was aan die hoof van die kantoor vir internasionale sending..

Die dekaan het my vertel van hoe baie kerke hy al gelei het en hoe gesienne hy is.  Dit was nogals intimiderend vir iemand van 21 jaar om in sy groot kantoor te sit met sy vele groot en duur meubels - 'n ou voel klein.

Ek het geen universiteits opleiding ontvang nie en het probeer antwoord so statig as moontlik om by die mooi gevormde woorde van die dekaan aan te pas.  Maar hoe meer ek probeer verduidelik het die dekaan net meer tergend tenoor my "geloof" gestaan.  Toe gebeur dit skielik dat my geestelike mond oopgaan en ek getuig teenoor die dekaan van die kere in my lewe wat, as ek nie vir God geluister het nie, ek dood sou wees vandag.

Ek weet tot vandag toe nie eers wat ek als kwytgeraak het nie, maar my siel was kwaad en aangevuur om te reageer.  En Hy het.

Die dekaan het skielik stil geword en na 'n kort rukkie weer begin praat oor wat hy in sy lewe al behaal het, maar die keer kon ek deur hom sien.  Ek het gesien dat jy kan studeer en leef in die kerk, maar niks kan weet van 'n lewendige verhouding met Jesus Christus nie.  Dit was 'n skok.

Ek het nog altyd geglo dat ek iewers moet bedien en het verlede jaar vir die eerste keer in my eie kerk 'n formele boodskap gebring - sonder opleiding.  Ek bedank JUIG! vir hierdie artikel en hoop vele opkomende teologie studente vra eers die vraag oor watter tipe teologie geleer word - die wat geloof afbreek of die wat geloof opbou met passie.  Terloops, ek is verbonde aan die NG kerk, nie AGS nie.


Ben Kriel

Welkom

Back

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid | Grafiese Ontwerp en Webontwerp deur Kimia

English? Click here for our sister publication