Opreg dankie vir die goeie insiggewende GLANSSTORIE deur Toi Nell. Ek is 72 jaar oud en was my lewe lank ‘n aktiewe betrokke lid van die NG Kerk. Ek het op 6 Maart 1953 op 14 jarige ouderdom by ‘n Engelse evangelisasiediens in Port Shepstone, tot bekering gekom. Ek het tot onlangs nog‘n baie lang worsteling oor hierdie kwessie van die “Grootdoop gehad, my kop en my kerk wou niesaamstem nie. Oplaas oor ‘n tydperk van maande het ek al my bedenkinge en bepeinsinge op skrif uitgeredeneer, 5 folio bladsye vol. En op 14 Mei 2011 het Ds Dolf Kruger by Moreletta Park my die bekeringsdoop toegedien. En ek het geen bedenkinge meer oor nie. Die totale crux van die hele doopsaak lê by bekering. Die “Kleindoop” is ‘n heilige sakrament van die Gereformeerde kerke waardeur babas en ander nuwe lidmate ingelyf word in die Genadeverbond van Abraham, Vader van die gelowiges, met ‘n belofte om hulle te leer en te laat leer. Dit vervang die besnydenis van babatjies in die Ou Testament. Maar die besnydenis van God se heilige uitverkore volk het hulle geensins weerhou of verhoed om vir eeue lank, vanaf Abraham tot na Christus, gruwelik teen die Here God te sondig en ander afgode te dien nie ( Jeremia 18 v 12 tot 17). Oplaas is hulle vir 70 jaar in ballingskap weggevoer. Dieselfde geld nog vir vandag. My “kleindoop” kan my nie bekeer of red nie. Ek word ‘n naam-Christen, en kan dit vir die res van my lewe bly. Die “kleindoop” kan vir hulle wat nie tevore gedoop is nie op enige ouderdom plaasvind, met geen spesifieke verpligtinge nie. Dit is ‘n algemene “Broadbrush” doop. Dit het NIKS met my bekering te doen nie. Maar dan, in Esegiël 36 v 25 sê die Here “ ek sal reinigingswater oor julle uitgooi sodat julle rein kan word. Ek sal julle reinig van julle van al julle onreinheid en van al julle afgodery. Ek sal julle julle ‘n nuwe hart en ‘n nuwe gees gee. Ek sal die kliphart uit julle liggame uithaal, Ek sal my Gees in julle gee. Ek sal julle God wees en julle sal My volk wees.” Dit is die “bekeringsdoop” Ook Johannes die Doper het verkondig: “Bekeer julle” Die mense het na hom toe gestroom, hulle sondes bely en hulle laat doop. Jesus, die volmaakte voorbeeld, is ook groot gedoop. Toe Hy uit die water uitkom het Hy die Hemel bo Hom sien oopgaan, die Gees van God het soos ‘n duif op Hom neergedaal, en ‘n stem uit die Hemel het gesê “Dit is My geliefde Seun. Oor Hom verheug Ek My”. So is dit ook met ons wanneer ons ons laat “groot doop, of die bekeringsdoop ontvang. Opregte ernstige bekering, soos Jesus vir Nikodemus beveel het in Joh 3 v 3 en 5( water en Gees) is nie vir almal beskore nie. Jesus verklaar in Joh 6 v 37 en 39 :” Elkeen wat die Vader vir My gee sal na My toe kom, en Ek sal hom wat na My toe kom, nooit verwerp nie”. Almal hoef hulle dus nie oor die grootdoop nie te bekommer nie, net die wat die Vader na Hom toe sal trek en vir die Seun gee. In Joh 6 v 65 sê Jesus : “Niemand kan na my toe kom as die Vader dit nie aan hom gee nie.” En wanneer Sy Gees jou gees roep sal jy nie weier nie. Dan sal jy tot bekering kom, en jou laat doop. Dis jou eie spesifieke persoonlike besluit. Jou ernstige opregte bekering is die grootste, belangrikste en ingrypendste besluit van jou hele lewe, want dit bepaal jou totale lewenspatroon vir die res van jou lewe. Daarmee tree jy oor die aardse drumpel na ‘n splinternuwe ewige lewe saam met Christus en al die gelowiges van alle eeue. En Romeine 3v 4 en 6 v 3 spel dit tog so duidelik uit, : “Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus gedoop is in Sy dood gedoop is nie?Deur die doop is ons immers saam met Hom in Sy dood begrawe sodat soos Christus uit die dood opgewek is , ons ook ‘n nuwe lewe kan lei.” Die “Grootdoop” is die onbetwiste belybenis en getuienis van my bekering en wedergeboorte Op Pinksterdag het die skare Jode van oral oor die wêreld, almal besnyde verbondskinders van Abraham, vir Petrus gevra : “ Wat moet ons doen?” En Petrus se antwoord is welbekend :” Bekeer julle, laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus, en God sal julle sondes vergewe, en julle sal die Heilige Gees as gawe ontvang.” Maar ook, “Wat God belowe het is vir julle en vir julle kinders, en vir almal wat daar vêr is, vir almal wat die Here onse God na Hom toe sal roep.” Die “grootdoop is Jesus se eie opdrag. , Markus 16 v 16 : “ Wie tot geloof gekom het en gedoop is sal gered word” Ook Matt 28 v19 “ Gaan, maak dissipels, doop hulle en leer hulle.” Galasiërs 3 v 27 :” Julle almal wat deur die doop met Christus verenig is “ En in Engels:” you were baptized into union with Christ and now you are clothed with the life of Christ Himself”. 1 Petrus 3 v 20 :” dit dui op die doop waardeur julle ook nou gered word”. Hebreers 10 v 22 (Engels) “ because we have been sprinkled with Christ’s blood to make us clean and because we have been washed with pure water, now we can look forward to the salvation God has promised us.” Daar is vele meer verse, soos Toi Nell aangedui het. Efesiërs 4 v 5 :” Daar is EEN Here, EEN geloof, EEN doop, EEN God en Vader van Almal” Onderdompel of besprinkel? Wat prakties moontlik is onder omstandighede. Troepe is op die grense net voor ‘n geveg gedoop met geen rivier in sig nie. Dink ook aan parapleë, , bedlêende pasiënte, mense in ‘n koma opdie rand van bewussyn, ens. Onderdompeling sou seker meer gewens wees. Ek kan dus gladnie verstaan dat daar nog kontroversie kan wees nie. Ek ontvang u JUIG tydskrif en ook JOY nou al vir meer as‘n jaar en kan nie vir u sê hoe geweldig verrykend en inspirerend ek dit vind nie. Ek deel dit ook graag met my vriende. Op my ouderdom is dit die beste tydskrifte wat ek nog op die mark gevind het. Opreg dankie vir u sterk christelike standpunte. Mag u innig en ryklik geseën wees.
Andy Malan Kneenweg 5, Valhalla, 0185. Telefoon : 012-654 1617 Sel 082 33 55 167. |