Wie maak jou so belangrik? En wat besit jy wat jy nie ontvang het nie? As jy dit dan ontvang het, waarom stel jy jou so aan asof jy dit nie ontvang het nie?

1 Korintiers 4:7

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


21 Aug 2017  

Baie dankie vir die geleentheid om kommentaar te lewer op die een artikel [Aardverwarming] alhoewel my antwoord op albei van toepassing is [Bevolkingsontploffing & Aardverwarming].

Die artikels het my nie van mening laat verander nie. Die eerste artikel interpreteer
Genesis 1 en Psalm 8 verkeerd. Die tweede artikel is ook op ’n wanpersepsie of doelbewuste vermakery gebaseer. Onbeteuelde bevolkingsaanwas het ’n enorme negatiewe uitwerking op die aarde se hulpbronne. Dit was ook nie God se opdrag om met die aarde om te gaan soos die mensdom vandag omgaan nie. God vra rentmeesterskap van ons! Die aarde het nie onbeperkte bronne nie. Die mensdom dra by tot die vernietiging van die aarde. Kool-stofdioksied het ’n negatiewe uitwerking op die atmosfeer. Dit is die kort antwoord.

Adam het die opdrag gekry om die aarde te bewoon / onderwerp en God het hom as ‘tuinier’ aangestel volgens Genesis 2. God het Adam nie aangestel om sy skepping te verkrag en te verrinneweer nie. Wanneer mense sulke bewerings maak, soos in die artikels, vra ek myself af watter bewyse hulle het om hulle bewerings mee te staaf? Dit sal interessant wees om dit te verneem asook wat die oplossing tot die aarde se volhoubaarheidsprobleem dan is. Dit is tog waarom dit gaan – volhoubaarheid en nie die aarde se “redding” nie. Die beweging van die ‘greenies’ se doelstelling is om ’n volhoubare planeet en sisteme vir die nageslag na te laat en druk dit uit as “redding van die aarde” wat hulle in dieselfde asem met volhoubaarheid gebruik.

Ek kan ook enige uitlating tot die voordeel van my argument gebruik. Daar is geen truuk daaraan nie. Dit is jammer dat sulke destruktiewe propaganda aan mense as die waarheid verkoop word. Die tydskrif se beperking op briewe maak dit nie moontlik om verder te reageer nie.                                                                                                                 Willie Nel

 

Dankie vir u brief oor my artikel, Willie. Ek stem met jou saam, ons moet behoorlike rentmeesters van die skepping wees wat God ons so genadig geskenk het. Terselfdertyd moet ons nie so maklik mislei word deur politieke agendas wat wetenskaplike inligting valslik misbruik nie. Byvoorbeeld, die idee dat die aarde oorbevolk is, druis nie net in teen God se mandaat om vrugbaar te wees en te vermeerder nie, maar ook teen die jongste projeksies van die Verenigde Nasies dat die aarde se bevolking teen die einde van die 21ste eeu tot 6,2 miljard sal daal. Volhoubaarheid is glad nie ’n probleem nie. Om die teenoorgestelde te sê, is deur en deur om mense bang te praat. My begeerte is dat Christene ingeligte besluite moet neem, nie oningeligte besluite op grond van emosionele manipulasie nie. Ek staan ’n hele hoofstuk oor omgewingsetiek af in my nuwe boek, ‘Snubbing God: The Cost of Rejecting God’s Created Order’ (Weaver Book, 2017), met ’n oorvloed voetnotas wat al die wetenskaplike data bevat, nie net aanhalings van mense wat poog om ons met vals inligting te manipuleer nie.

—Dr. Victor Kuligin

Back

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication