Verbly julle in die Here en juig, regverdiges, jubel alle opregtes!

Ps.32:1.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


21 Aug 2017  

Ek het groot waardering vir alles wat die redaksie doen om ons oor wêreldgebeure in te lig, asook om ons met die waarheid te voed. Ek skryf na aanleiding van dr. Michelle Strydom se artikel: ‘Bybelse insigte vir gewigsverlies en ʼn gesonde lewe’ in die April-uitgawe. Ek wil egter beskryf wat ek oor hierdie onderwerp glo en hoe die waarheid van die Woord my denke hieroor vernuwe het, want Jesus se koms het ons nie alleen verlos van ons sonde nie, maar het verreikende veranderinge vir ons menslike lewenstyl ingehou. Hy het gekom om alles nuut te maak...Elkeen wat in Hom glo, word verander om soos Hy te wees. Hoe ons dink en wat ons doen, word toenemend soos Hy; op alle lewensterreine! 

Hoe raak dit ons eetgewoontes? Jesus het by twee geleenthede duisende mense gevoed en het die beskikbare voedsel gebruik om dit te doen. By albei geleenthede was dit brood en vis: koolhidrate en proteïene. Hy kon dit sekerlik in groente en vrugte verander het as Hy wou, maar Hy het nie, want vir Hom was dit goed genoeg. 

Ek lees in 1 Timoteus 43:4 daar is mense wat ander gebied om hulle te: “...onthou van voedsel wat God geskape het om met danksegging gebruik te word deur die gelowiges en die wat die waarheid ken”. En ook: “Want alles wat deur God geskape is, is goed, en niks is verwerplik as dit met danksegging ontvang word nie; want dit word geheilig deur die Woord van God en gebed. “ Ek lees ook in Hebreërs 13:9: "...Die goeie is daarin geleë dat die hart deur genade versterk 

word, nie deur eetgebruike nie”. Diegene wat by hierdie eetgebruike gehou het, het niks daarby gebaat nie, sê die Woord. Vir díe wat glo, is alles dus moontlik. Maar die waarheid is: jy moet waaragtig glo!

As gelowiges hoef ons ons nie te laat bind deur moets en moenies oor voedsel om gesond te bly nie. Alle kos is vir God aanvaarbaar (behalwe dít wat aan afgode geoffer is, lees Korintiërs.) Ons mag alles eet wat aan ons voorgesit word, as dit deur danksegging aan God geheilig word. Want alles behoort aan Hom... ook die kos wat ons eet.

Natuurlik is vrugte en groente gesond om te eet, want God het dit geskape om te geniet. Ek glo egter nie "dit behoort die grootste deel (ongeveer 80%) van die kos uit te maak wat ons eet nie". Ons kan enig-iets eet, solank ons God deur Jesus daarvoor dank. Dit het my lank geneem om dit ten volle te begryp omdat die kragte van die wêreld ons so beïnvloed. Ons hele lewe is deurspek met moets/moenies. Ons denke moet eers daarvoor vernuwe word. Dit hang saam met ʼn diep geloof dat wanneer jy as gelowige deur Jesus vrygemaak is, is jy ʼn nuwe skepsel. Jy sal besef jy is vry en jy kan eet net wat jy wil. Die Heilige Gees het jou denke vernuwe. Eet gerus ook jou rou groente en vrugte soos dr. Michelle Strydom voorskryf omdat dit net goed aan jou sal doen, maar as jy opreg glo en die Heilige Gees se aangesig oor jou gesondheid en gewig soek, wag op Hom totdat Hy jou antwoord en jou denke daaroor vernuwe.  Dan het Hy die kettings oor kos, wat ons jare lank gevange gehou het, verbreek. Jy is bevry! Jy dink nuut omdat Hy is so getrou is!                                           Anda le Roux

Back

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication