Maar hierdie wondertekens is beskrywe sodat julle kan glo dat Jesus die Christus is, die Seun van God, en sodat julle deur te glo, in Sy Naam die lewe kan he.

Joh. 20:31.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


12 Sep 2017  

Ek is gaande oor die groot wind-turbines. Hoekom? Terwyl ons so deur die Oos-en Suid-Kaap gery het op pad huis toe van Port Elizabeth af, het ek daaroor gepeins en vir Vader gevra hoekom die mensgemaakte reuse my so ontroer. Elke keer is ek in verwondering oor hulle skoonheid. Majestueus pas by hulle, al is die woord hoé holrug gery. Hoekom is hulle vir my so mooi? Hulle is suiwer-wit; ontsaglik groot en draai stil met soveel grasie. Hulle vang die wind en omskep dit in krag. Wanneer ons gedoop word met die Heilige Gees ontvang ons dunamis, krag (Hand 1:8;10:38). Ek is so opgewonde oor hulle omdat Vader vir my wys dit is ons – Sy seuns en dogters, wat gevul deur die Heilige Gees, Sy krag versprei sodat ander mense die Lig kan ontvang. Hulle staan net daar met hulle uitgestrekte arms en die wind (Ruach) dryf die arms aan en krag word vrygestel. Hulle staan langs die pad; op plase; alleen op hoë berge; in reën en storms; in droogte. Op mooi plekke en vaal plekke; winter, somer, herfs en lente. Hulle staan net en draai hulle arms die stormwind in. Hulle dra die krag van die wind oor. Ver en wyd sien jy hulle. Stil draai die groot arms om en om. ’n Bron van krag en vrede. Dit is God se seuns en dogters in hierdie donker wêreld.

CME

Back

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication