Vertrou jou lewe aan die Here toe. Vertrou Hom en Hy sal vir jou sorg.

Ps 37: 5.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


8 Nov 2017  

Voorspoedpredikers en die hemelse skathuis Ek wil graag reageer op Anna (skuilnaam) se brief oor geloofsbedieningsdienste in die Augustus-uitgawe. Anna, dit maak my absoluut siek dat gemeenteleiers hierdie “geldwolwe” in hulle kerke toelaat terwyl hulle mense reeds swaarkry. Daar is géén Skrif vir die twak wat hulle verkondig nie. Ek daag alle gemeenteleiers uit om vir eens en altyd die waarheid aan hulle gemeentes te verkondig: Die “skathuis” waarvan in Maleagi 3:10 gepraat word, was ’n fisieke gebou in Jerusalem wat in 70 n.C. deur die Romeine vernietig is. Hoe is dit dus enigsins nog van toepassing? As al hierdie finansiële leer-stellings waar was, het ek lankal my werk gelos en die “kerkgeldmark” gespeel. Om 30, 60 of selfs 100 keer terug te kry as wat jy “ingesit” het, is beter as wat enige bank of polis kan bied. Vandag gee ons van ons geld vir die kerk, want ons wil graag hê die kerk moet voortbestaan en dat daar darem ’n kans is dat die armes gevoed sal word. My laaste punt; as al hierdie voorspoed-predikers regtig voorspoedig was, waarom hou hulle nie op om geld te vra nie? Baie dankie JUIG! vir hierdie platform en púík leesstof!

Chris

Back

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication