U Woord, Here, staan vir altyd vas in die hemel.

Ps. 119:89.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


8 Nov 2017  

Kyk net na die wonderskepping van lewe waaroor Dawid so liries was in Psalm 139:15: “... geen been van my was vir U verborge toe ek gevorm is waar niemand dit kon sien nie, toe ek aanmekaargeweef is diep in die moederskoot.” Dit is voorwaar die grootste wonder op aarde – die skepping van lewe, maar hoe tragies dat in baie gevalle die wonderlewetjie onwelkom is en die wrede mensewet dan die groen lig gee dat die wonderskepping uitgewis mag word. Vreeslik, nè!

Ek kan glad nie verstaan dat die regering God se wonderskepping eenvoudig kan laat vernietig nie en dít om die wellus van paartjies buite die huwelik te regverdig. Het die regering werklik soveel mag oor lewe? Die wrede moordenaar, die verkragter, die bedrieër, het almal onaantasbare menseregte, maar die hulpelose, onskuldige lewetjie-in-wording het geen regte en geen wetsgeleerde kan in die aardse hof veg om die behoud van daardie lewe nie.

Dit onderstreep die feit dat ons geestelik ’n verskriklike droogte beleef. Dit lyk of die owerhede reken ons het nou die kennis om God, die Skepper van Lewe, se planne omver te gooi, maar pas op, ons beweeg op die gevaarlike breë weg met skrikwekkende afgronde.

Helen Steiner Rice se gedig “Nuwe Idees en Ou Gebooie” beklemtoon die wonder van liefde, geluk en vrede so pragtig. Ek haal die volgende grepe uit die gedig aan:

 

In die geloof dat ons bevredig sal word

deur die plesier wat die lewe bring

En in ons ontevredenheid

wil ons alle beperkings ignoreer

En soek ons ons  geluk

in dinge wat ons nie kan beheer –

Ons sedelike norme

en alle dissipline laat ons staan,

Terwyl ons van die Gebooie vergeet

wat oor uitgediende sonde sou gaan –

Ons het vertroue in ons nuwe vryheid,

ons wellus en hebsug is op vrye voet;

Om die toppunt van plesier te bereik,

is eenvoudig ’n moet –

Maar die mens kan nie sy siel ontheilig

of van God se wette ʼn bespotting maak,

Want die eeue oue Tien Gebooie

Is deur menslike foute onaangeraak,

Die mens moet besef

dat hy steeds gehoorsaam moet wees

Aan die Gebooie wat in Moses se tyd

deur God aan hom gegee is.

Behalwe die nederige erkenning

dat daar geen plaasvervanger kan wees

Wat ’n mooi oes kan waarborg

behalwe die vrugte van die Gees –

Want tensy die mens se gees verlos is

sal hy nooit daarop kan reken

Dat volmaakte liefde, geluk en vrede

vir hom fantasties baie kan beteken.

Peet Pelser

Back

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication