Maar hierdie wondertekens is beskrywe sodat julle kan glo dat Jesus die Christus is, die Seun van God, en sodat julle deur te glo, in Sy Naam die lewe kan he.

Joh. 20:31.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


8 Nov 2017  

Met ’n gees van dankbaarheid en blymoedigheid stap ek by die 

deur van ’n pragtige versorgings-oord vir bejaardes uit. Die afgelope paar jaar besoek ek bejaardes wat baie liefde en aandag nodig het. Welvarende en behoeftige bejaardes – mense wat vreeslik eensaam en alleen is. Ek wonder wat het van hulle kinders geword. Elke maand word die losiesgeld betaal – nie die kinders se geld nie – nee, hulle eie hardverdiende geld. Hulle is net afgelaai en vergete agtergelaat. Wat ’n hartseer storie. Ek raak nostalgies wanneer ek hulle besoek. Die reuk van kamfer,
laventelseep en “Old Spice” verwelkom my. Ek verlang sommer na my ouers. Hulle was
wonderlike, nederige mense met onmeetlike liefde vir hulle kinders en medemens.

Hier word baie mooi na die bejaardes omgesien wat aardse dinge betref, maar die liefde van kinders en familie ontbreek. Hulle smag na liefde, omgee en ’n drukkie. Die een omie omhels my met al die liefde in sy hart en fluister in my oor met trane in sy pragtige bruin oë: “Ek het so na jou verlang, want ek is so lief vir jou.” Ek gee vir hom sy buitelugtydskrifte
wat hy so geniet. Hy vertel my hoe hy en sy sielsgenoot die land platgetoer het. Sy is oorlede en die kinders het hom net afgelaai en van hom vergeet. So nou en dan stuur hulle saam met iemand vreemd vir hom ’n pakkie. Ek besef en weet ons moet almal leer hoe om oud te word. Dit is geen ramp nie, maar kan ons as kinders en familie nie meer liefde en omgee skenk aan hulle wat dit so bitter nodig het nie? Kom ons werk saam en probeer om sommer nou vriendelikheid uit te deel aan dié wat so verstote en verlate is. Deel onmeetlike liefde uit en gryp elke dag aan. Ruim asseblief tyd in vir ons eensame bejaardes!

Antoinette Schoeman

Back

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication