God is nie n mens dat Hy sal lieg nie.

Num 23:19a.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


11 Sep 2018  

Toe ’n groot, wrede hond op ’n klein dogtertjie afstorm, het haar tingerige moeder vreesloos op die dogtertjie se noodkreet gereageer, na die toneel gehardloop en op die hond geskree. Die aggressiewe hond het die aftog geblaas. Wat ’n treffende voorbeeld van ’n weerlose dogtertjie se onwrikbare geloof in haar ma. Menigmaal beland ons in ’n doolhof van oënskynlik onoorbrugbare probleme en ons noodkreet weergalm in die donkerte om ons – maar helaas, geen reaksie, geen redding. “Waarom is daar geen hulp vir my nie?” gil die siel dit uit. “Wat het geword van die wonderbare Raadsman, Vredevors, almagtige God?” En dan kom die sagte antwoord: “My kind, Ek het nog nooit iets van jou gehoor nie. Jy is vir My ’n vreemdeling. Waar is jou kroegmaats, wat het van jou aardse voorspoed en al jou mooiweersvriende geword? My kind, Ek bied redding. Volg die voorbeeld van die verlore seun in Lukas 15:11-32. Kom na My toe, die ewige Vader. Jy weet van My, maar jy ken My nie. Ek het jou gehoor. Ek sal jou help. Vertrou My net altyd. Wees sterk en hou goeie moed, moet nooit in My twyfel nie. Ek verseker jou, as jy in My bly en My Woord in jou, vra dan net wat jy wil en jy sal dit kry. Verder moet jy nooit vergeet dat ’n onwrikbare geloof in My, een wat tot aksie oorgaan, onstuitbaar is, want My krag ken geen grense nie. Moenie uitstel nie, My kind. Buig die knieë en kontak My asseblief dringend. Ek wag vir jou, al ag jy jouself nutteloos.”      

Peet Pelser

Back

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication