Vertrou jou lewe aan die Here toe. Vertrou Hom en Hy sal vir jou sorg.

Ps 37: 5.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


11 Sep 2018  

Ek het ’n vakansieprogram van ons kerk bygewoon en ons het uitgereik na die gemeenskap om ons in Melville. Ek het te doen gekry met kindertjies uit Hotel Hope Ministries. Hoewel goed versorg, was die kindertjies erg uitgehonger vir aandag en liefde. Dit het my bewus gemaak van die armoede en swaarkry om ons terwyl ek so geseënd is. Dink net aan hoe koud dit moet wees terwyl jy op ’n sypaadjie lê, jou maag brand van die honger en jy kan nie slaap nie, want jy is te bang vir rowers. Dink net aan die klomp opmekaargepakte huisies wat nie krag, water of baksteenmure het nie. Dink net aan ’n kind op wie geskree word, wat geklap en gemolesteer word. Jy kan help deur geld te skenk vir projekte soos Hotel Hope, jy kan tydens vakansies help kosmaak vir kinderhuise, sopkombuise en plakkers-kampe, maar die belangrikste van alles is om vir die mense liefde te gee.

Karla Oosthuizen (13 jaar)

Back

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication