Maar die man wat julle in die verwarring bring, wie hy ookal mag wees, God sal hom straf

Galasiers 5:10

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


11 Sep 2018  

Ek verwys na die berig in Rapport van 8 Julie 2018. “Dit is Goddelike ironie,” het emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu met ’n vonkel in die oog gesê toe hy ingestem het om sy naam aan dié van Andrew Murray te koppel vir die Andrew Murray-Desmond Tutu-prys, wat sedert 2007 jaarliks toegeken word aan Christelike en vakwetenskaplike teologiese boeke in ’n amptelike taal van Suid-Afrika.

Ons almal smag na versoening, vrede en stabiliteit in hierdie tye waar onenigheid tussen rasse, gesinne, vriende en kerke elke dag voorkom. Voor ons iemand veroordeel, moet ons weet wat versoening beteken. Dit moet begin by God. Die soendood van Christus is ’n Heilsweldaad van herstelde vrede tussen God en sondaar. Christus is die versoening van ons sondes.

Ek het al wat ’n boek is gelees om ’n oplossing te probeer vind vir versoening in ons land en glo my, ek het dit gevind. Solly Ozrovech, skrywer van Christelike leesstof en boeke, het my op die regte pad geplaas. In een van sy boeke sê hy dat slegs God versoening kan bring. Suid-Afrika het ’n behoef-te aan versoening en God is die enigste uitweg. Solly het my geleer dat versoening ’n koersaanpassing verg. Ons moet van rigting verander om by versoening uit te kom.

Ons moet hulp soek by Christus en nie huiwer om te bid vir versoening nie. Onthou dat God ons Vader groter is as enigiets wat jou lewe kan bedreig. Vertrou Hom. Verwag altyd die beste. God lei dié wat hul volle vertroue in Hom plaas. Met hierdie wete kan jy elke dag en elke onbekende nag binnestap. Versoening is soos vergifnis. Dis ’n groot en moeilike besluit, veral wanneer jou gemoed vol negatiewe gedagtes is. Ons lewe in ’n gebroke wêreld, maar God se liefde is die enigste manier om versoen te word. Hou vas aan God se liefdestaal en ek kan jou verseker dat God kleingeld kan maak van negatiewe denke en voorvalle!

Antoinette Bezuidenhout Schoeman

Back

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication