Wie maak jou so belangrik? En wat besit jy wat jy nie ontvang het nie? As jy dit dan ontvang het, waarom stel jy jou so aan asof jy dit nie ontvang het nie?

1 Korintiers 4:7

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


15 Jul 2019  

Ek lees al meer as 15 jaar die JOY! en JUIG!-tydskrifte. In die 13 jaar van my man se stryd teen kanker, my broer se skielike dood (plaasaanval deur een van sy werkers), en ek  en my kinders se herstel ná die siektestryd en dood, was hierdie tydskrifte en pastoor Wikus van Zyl van die AGS Klerksdorp vir my ’n toevlug. Die afgelope vier jaar stap ek ’n pad met ’n jong geskeide kollega. Ek het my bekommer oor hoe ek hom na die Here toe gaan lei, wanneer hy sy hart vir die Here wil gee. Ek het so gebid en die Here gevra om my te help. Gister haal ek die vier tydskrifte uit – ek koop elke maand die Engelse en die Afrikaanse weergawe. Ek blaai daardeur op soek na ’n beradings-kursus en hier val my oog op die woord “waardes”, voor in die tydskrif. Ek lees dit en kom so op die “Verlossingsgebed” af. Halleluja, prys die Here! Dit is presies waarna ek gesoek het en julle gebruik so ’n mooi woord: “Verlossingsgebed”. Toe ek in die kantoor kom, gee ek die boeke vir hom om afskrifte van die gebede in Engels en Afrikaans te maak. Ek het hom gevra om die gebede deur te lees, want hy sal dit ook nodig kry wanneer hy eendag iemand na die Here toe lei. Al die eer aan ons Hemelse Vader. Dankie dat julle ’n verskil in ons gesin se lewens maak. Ek gee na elke ses maande my tydskrifte vir my ouers en vriende om te lees. Mag die Here julle nog meer seën. 

Ronel Coetzee

Back

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication