Jy moet die Here jou God liefhe met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag en met jou hele verstand, en jou naaste soos jouself.

Eksodus 20:1

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


17 Oct 2019  

Dit mag dalk vreemd klink, maar die liberale agenda is die kernoorsaak van die probleme wat ons in Suid-Afrika ondervind. Wat in 1994 plaasgevind het, was werklik noodsaaklik om ons tot by ’n demokratiese bedeling te bring (en ons dank die Here vir die wonderwerk van ’n vreedsame oorgang na die nuwe bewind). Aan die ander kant het dit egter ’n liberaal-humanistiese era ingelei wat ander gevolge gehad het:

• Die kerk is geleidelik die stilswye opgelê deur kompromieë wat aangegaan is en druk vanuit die regstelsel (wat vryheid van spraak en godsdiensvryheid ondergrawe).

• Die ineenstorting van wette en morele standaarde deur die wettiging van aborsie en gay huwelike, pornografie en dobbelary; om swak dissipline in skole toe te laat (plus die misleiding van die evolusieleer en nou ook die omstrede omvattende seksvoorligting – CSE); verhoogde misdaad en korrupsie as gevolg van swak wetstoepassing, ens.

• Ons politiek en die regering word toenemend met sosialisme infiltreer en skep die gevaar dat kapitalisme (ons ekonomie) en demokrasie in Suid-Afrika in duie stort.

Die liberale agenda het een doel voor oë: om God se orde om te keer (wat lei tot chaos en ’n gebroke / verswakte samelewing wat maklik gemanipuleer kan word). Die Liberale is meesters van misleiding en doen dit deur verwarring te skep. Jesaja 5:20 beskryf hulle plan die beste: “… dié wat sleg goed noem en goed sleg, wat van duisternis lig maak en van lig duisternis …” In my boek, GENOEG!, lê ek hierdie agenda ten volle bloot. Besoek gerus enoughsa.co.za

Die rede waarom ons as die Christen Konsensus nou die klem plaas op die druk wat die gay-agenda uitoefen, is om die land van die liberale agenda begin suiwer. En ons doen dit deur in die kerk te begin (bv. Die brief aan die NG Kerk) omdat ons as die Liggaam van Christus eers ons eie huis in orde moet kry, voordat Suid-Afrika sal verander. Hierdie liberale agenda het ’n reuse-seekat geword. Daarom moet ons begin terugveg en by een van sy belangrikste tentakels begin.

Ons land staan op die punt om in duie te stort weens hierdie seekat van liberale humanisme. Let wel: As die kerk nie nou opstaan om die boosheid te weerstaan nie, kan dit te laat wees. Ons MOET wakker word uit hierdie slaperige passiwiteit en oorgaan tot aksie. Deur op spesifieke kwessies te konsentreer, word ons stadig maar seker meer georganiseerd om die goeie stryd van die geloof te stry. Onder die leiding van die Heilige Gees bestaan die Christen Konsensus as ’n teenpool vir die bose liberale agenda, terwyl ons God se Bybelse standaard oor die land uitroep (sien Jesaja 59:19b). Slegs God se ware gelowiges het die vermoë om hierdie seekat deur die krag van sy Gees te hanteer.

Gaan oor tot aksie deur gebed en maak mense bewus van wat aangaan. Ons het nie ’n rasseprobleem of ’n politieke probleem nie, ons het ’n liberale agenda-probleem wat al 25 jaar verwoesting saai. Genoeg! Laat God se kinders VERENIG om die bose te weerstaan sodat die duiwel kan wegvlug! (Jakobus 4: 7) God seën jou terwyl jy tot aksie oorgaan! Sluit aan by ons Facebook-groep, Christian Consensus. Vir die brief aan die NG Kerk oor die gay agenda, e-pos my by: TheStandSA@gmail.com

dr. Arno van Niekerk

Back

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication