Jesus het daarop gereageer: Ek verseker jou, as iemand nie van bo (opnuut)gebore word nie, kan Hy die Koninkryk van God nie sien nie.

Joh 3:3.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure
Kompetisies
Gratis Nuusbrief
Mighty Men Konferensie 2010

18 Feb 2010

JUIG! het by Angus Buchan aangeklop en hier op die vooraand van die 2010 Mighty Men-konferensie ‘n paar vrae aan hom gestel.

HIRDIE IS DIE LAASTE MIGHT MEN-KONFERENSIE. HOEKOM?
Op Shalom maak ons gereed vir die laaste Mighty Men-konferensie (MMC), konferensie nommer 7! Ons glo dat die getal sewe ‘n baie beduidende een in God se getallestelsel is. In die Bybel is 7 die getal wat Goddelike volheid, geestelike perfeksie en voltooidheid simboliseer en dit staan ook bekend as ‘God se seël’. Tien is ‘n perfekte getal; die getal spreek van genoegsaamheid volgens God se heilige orde en doel. Dit simboliseer voltooiing en perfeksie. Ons glo dat die opdrag met hierdie Mighty Men-konferensie voltooi is.

Mans is nou toegerus om weer die hoofskap, soos wat die Bybel dit bedoel en nie soos wat die wêreld die begrip vervorm het nie, in hul huise op te neem, om gesag uit te oefen in hul werksplekke en om saam te kom om saam te bid.

HOEVEEL MENSE VERWAG JULLE EN WAT IS DIE FORMAAT VAN DIE KONFERENSIE?
Ons maak gereed vir 400 000 mans tydens hierdie naweek. Ons verwag meer mans hier as besoekers van oorsee vir die Wêreldbeker-sokkertoernooi. Ons loop weer op die water! Hoekom? Dit is die gesondste plek om te wees – in die perfekte Wil van God. Die plaashekke sal reeds 4-uur die Maandagoggend open om ‘n samedromming te vermy. Die byeenkoms sal eers Vrydagaand begin en sessies sal ook gehou word op Saterdagoggend en –aand asook Sondagoggend. Dit sal dieselfde spreker en lofpry­singspan – Joe Niemand is die solosanger - van verlede jaar wees. Daar sal ook weer kampkommandante wees waar 1 persoon in beheer van ongeveer 30 000 mans sal wees. Daar sal storte, toilette en kampeerplek beskikbaar wees.


JY HET VERLEDE JAAR INEENGESTORT. WATTER VOORSORG TREF JY HIERDIE JAAR IN DIé VERBAND?
Ek het nie verlede jaar van vermoeienis ineengestort nie – ek het twee hartaanvalle gehad en God het my wonderbaarlik, binne 15 minute nadat ek in die helikopter gelaai is om Pietermaritzburg toe te gaan, genees! Ek verwag nie om weer inmekaar te sak nie en tref dieselfde voorsorg wat ek voor elke optrede tref, maak nie saak waar ek optree nie - ek spandeer baie tyd in God se teenwoordigheid om krag vir die boodskap te kry.

HOE GAAN HIERDIE BYEENKOMS VAN DIE VORIGES VERSKIL? WAT IS DIE 'TEMA' O FOKUS VAN DIE BYEENKOMS?
Dit verskil omdat dit die grootste gaan wees. Ons was nog nooit só opgewonde nie. ‘n Getroue dienskneg is altyd gereed en die bose een lui en houtgerus. Hier aan die begin van 2010 moet ons verstaan dat dit nie nou die tyd is om te ontspan, ons te verheug in die Wêreldbekersokker of die moontlike opswaai in die ekonomie nie.

Inteendeel – ons moet méér as gereed wees vir die koms van die Here; ons moet met verwagting daarna uitsien. Regoor die wêreld praat mense van die klimaatsverandering, gerugte van oorloë doen die rondte en baie is geheel disrespekvol teen­oor God en medemens. Dit is alles tekens dat Hy beslis weer gaan kom; ons weet egter nie wanneer nie. Is jy gereed? Laat ons manne goed geklee wees, goed voorbereid, ons lampe brandend met genoeg olie daarin - totdat Hy kom.

WAT WAG HIERNA VIR ANGUS BUCHAN?
Ons het ‘n Mighty Men-saamtrek van 26 – 28 Februarie vanjaar in Perth, Australië, gehad en ons het ongeveer 14 000 mans toegespreek; ons gaan ook van 9 – 13 Junie in Ierland optree en daarna gaan ons Londen toe. Ons verwag ook dat daar saamtrekke vir mans regoor die land in die verskillende provinsies gaan wees.
Ek gaan egter voort met my televisie-optredes: ek preek 8 keer per week en verder skryf ek boeke. Ek doen wat die Here my lei om te doen. Ek gaan beslis nie aftree nie, want daar is beslis nie so-iets in die Bybel nie. Ek gee hierdie aflosstokkie oor omdat ek alreeds weer ‘n ander een moet oorvat.
Vir meer inligting en/of om te regi­streer: e-pos info@shalomtrust.co.za of besoek www.mmc2010.com

OM TE REGISTREER BESOEK: www.mmc2010.com of www.itickets.co.za of 086 1000 291. 

Terug

 

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid | Grafiese Ontwerp en Webontwerp deur Kimia

English? Click here for our sister publication