Maar hierdie wondertekens is beskrywe sodat julle kan glo dat Jesus die Christus is, die Seun van God, en sodat julle deur te glo, in Sy Naam die lewe kan he.

Joh. 20:31.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure
Kompetisies
Gratis Nuusbrief
Kletskerk Word 'n Verleentheid Vir Die NG Kerk

22 Feb 2010

Alle skakels na die Kletskerk (sien Desember-uitgawe van JUIG!) is van die NG Kerk se webwerf verwyder nadat vele klagtes ontvang is oor die onsmaaklikhede en kru taal wat op dié internetgespreksforum verskyn het. ‘n Redaksielid van die Kerkbode, Jean Oosthuizen, bedryf dié gespreksforum in sy private hoedanigheid. In die forum kan Christene sowel as a­teïste eerlik met mekaar gesels, maar baie kru uitsprake word op hierdie webwerf gemaak wat die grootste gros Christene baie ongemaklik gelaat het. Die moderator van die NG Kerk, Prof Piet Strauss, het bevestig dat die NG Kerk hom al vroeër van Kletskerk losgemaak het, maar nou finaal besluit het om al die skakels daarheen van al sy web­werwe te verwyder.

Strauss het voorts gesê hoewel Oosthuizen die webwerf in sy persoonlike hoeda­nigheid mag bedryf, daar gewaak moet word teen “teenstrydigheid tussen ‘n werknemer van die kerk se optrede na binne en na buite toe.” Op Kletskerk self was daar reeds heelwat kritiek van mense wat die NG Kerk daarvan beskuldig dat hulle nie meer die stemme van diegene wil hoor wat na alternatiewe op soek is nie.

Terug

 

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid | Grafiese Ontwerp en Webontwerp deur Kimia

English? Click here for our sister publication