'n World Vision-kantoor is onlangs in Pakistan deur gewapende mans aangeval en 5 personeellede het in die aanval gesterf. Volgens hierdie internasionale humanitêre organisasie was die aanval sonder oorsaak. Volgens The Times is geen dreigemente deur die organisasie ontvang nie en het 15 militante van handgranate gebruik gemaak en met masjiengewere op die kantoor losgebrand. Mohammmad Sajid, administrasie-beampte by World Vision, sê die militante het alle selfone gevat, die mense een vir een na die aangrensende vertek gesleep en hulle daar doodgeskiet. World Vision het in 1992 ‘n kantoor in dié land, waar Christene slegs 3% van die bevolking uitmaak, opgerig en het hoofsaaklik op reddingsoperasies gefokus. In 2001 het die organisasie uitgebrei en met ander steungroepe in die Noordwes-provinsies asook die Punjab-provinsie saamgewerk. Na die verskriklike aardbewing van Oktober 2005, het World Vision verder uitgebrei en ook in die Mansendra-distrik hulp verleen. Alle werksaamhede van World Vision in Pakistan is sederdien opgeskort.