Ek skaam my nie vir die Evangelie van Christus nie,want dit is n krag van God tot redding vir elkeen wat glo, in die eerste plek vir die Jood, maar ook vir die nie-Jood..

Rom. 1:16

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure
Kompetisies
Gratis Nuusbrief
Christene Reg Vir Wereldbeker Om Sokkergeesdriftiges Te Evangeliseer

7 Jun 2010

 

Christene van regoor die wêreld is gereed om die Evangelie met derduisende sokkergeesdriftiges wat die grootste sportgebeurtenis van die maand gaan bywoon, te deel.

200 Brasiliaanse Christene het verlede week in SA aangekom vir die FIFA-Wêreldbeker en beplan om ‘n spesifieke groep te teiken – die Noord-Koreane. Hierdie Baptiste-span wat deur pastoor Marcos Grava Vasconcelos, ‘n voormalige handbalspeler, gelei word, het vir Noord-Korea gebid sodat hulle vir die reeks kon kwalifiseer en in dieselfde groep as Brasilië geplaas kon word. Sodoende maak dit dit vir die Brasiliaanse Christene maklik om die ondersteuners van Noord-Korea te evangeliseer.

Pastoor Davis Botelho van die Brasiliaanse sendinggroep Missao Horizontes, wat op die 10/40-venster fokus, het gesê hierdie is dié ideale geleentheid om die mense van Noord-Korea te bereik. Hy het hierdie land ook die “champion in the persecution of Christianity” genoem.

Noord-Korea het in 1966 laas aan ‘n Wêreldbeker deelgeneem en vorm saam met Brasilië, die Ivoorkus en Portugal, Groep G. Die Brasilane wat beplan om die Noord-Koreane te evangeliseer, kan dalk ‘n ernstige stryd verwag. Noord-Korea se regering het baie streng veiligheids- en reismaatreëls vir alle Noord-Koreane, met die uitsondering enkele regeringsamptenare, ingestel. Xinhua, ‘n Chinese nuusagentskap, het ook gerapporteer dat Noord-Koreaanse amptenare probeer om Chinese ondersteuners te werf om hul span aan te moedig wanneer hulle op 15 Junie in Johannesburg teen Brasilië te staan kom.

Die Brasiliaanse sendinggeselskap wil met Christene van regoor die wêreld wat ook beoog om tydens die kompetisie die Evangelie met ander te deel, hande vat.

Die Brittanje-gestasioneerde Operasie Mobilisasie, werf steun onder tieners en jong volwassenes vir deelname aan hul ‘Ultimate Goal’-veldtog – ‘n vennootskap met plaaslike Suid-Afrikaanse kerke. Die Wêreldbeker Evangelisasieprojek lei plaaslike Christene op om evangelis Ray Comfort se manier – die Meester-uitreikstrategie – te gebruik om aan sokkeraanhangers op ‘n een-tot-een basis te getuig.

“Baie van die Christene hier in ons land wens dat hulle ‘n ander land kan besoek om die Evangelie te versprei, maar a.g.v. finansies is hulle net nie in staat om dit te kan doen nie,” het Nigel Titus, ‘n Kaapstadse evangelis en organiseerder van ‘World Cup Evangelism Project’, gesê. “Mense van alle lande, stamme, tale en nasies kom na ons land toe. Ons hoef nie nou eens meer na hulle te gaan nie. Dit is baie beslis ‘n geleentheid om die Evangelie van Jesus Christus aan hulle te verkondig.”

Verskeie Christene sal ook op die veld getuies wees. Ten minste vier lede van die Brasiliaanse sokkerspan – Kaka, Lucio, Luisao en Felipe Melo – is oortuigde Christene. Kaka dra gereeld T-hemde onder sy sokkerhemp wat verklaar: “I belong to Jesus,” hoewel FIFA onlangs die dra van klere met enige godsdienstige, politieke of persoonlike verklarings, as onwettig verklaar het.

Die Italiaanse verdediger, Nicola Legrottaglie en V.S. doelwagter Tim Howard, is ook uitgesproke Christene.

Kaka en Legrottaglie is ook  te sien in ‘The Prize: Chasing the Dream’ ‘n DVD van dertig minute met getuienisse van Christen-sokkerspelers wat deur ‘Atlete in Aksie’ tydens die Wêreldbekerkampioenskap versprei gaan word.

 

Terug

 

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid | Grafiese Ontwerp en Webontwerp deur Kimia

English? Click here for our sister publication